NAC: Kommer oor leierskapskrisis
NAC: Kommer oor leierskapskrisis

NAC: Kommer oor leierskapskrisis

Die minister van werke en vervoer beoog om volgende week met oorblywende raadslede te vergader.
Augetto Graig
Augetto Graig



Die skielike bedanking van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) se raadsvoorsitter is 'n groot bron van kommer vir mnr. Leon Jooste, die minister van staats­ondernemings.

Mnr. Rodgers Kauta se bedankingsbrief is Dinsdag by die lynministerie van werke en vervoer ingedien – dít minder as twee weke nadat die waarnemende uitvoerende hoof van dié staatsonderneming, mnr. Albertus Aochamub, ook sy pos verlaat het.

Aochamub is sedertdien met mnr. Lot Haifidi vervang, wat voorheen ook die lughawensmaatskappy se leisels in 'n waarnemende posisie in die hand gehad het.

Haifidi het dié pos sedert 1 September 2017 beklee, tot 5 Februarie vanjaar toe Aochamub deur Staatshuis afgevaardig is om by hom oor te neem.

Kauta se bedanking dompel die maatskappy van voor af in 'n leier­skapskrisis, en dít kort voor die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (Icao) in November vanjaar 'n veiligheidsoudit op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) sal doen.

Namibië se hooflughawe het in 2014 nie aan die vereistes vir die veiligheidsoudit voldoen nie, wat tot gevolg gehad het dat vlugte na en van Duitsland tydelik gestaak is. Tans maak tot 90 000 passasiers maandeliks van hierdie lughawe gebruik.

“Die ministerie van staatsondernemings is baie bekommerd oor die omstandighede en dit is nou kritiek om leierskap en handelstabiliteit so gou as prakties moontlik te herstel,” het Jooste gesê.

Tog kan dié ministerie die situasie nie beredder nie, aangesien die NAC steeds onder die ministerie van werke en vervoer se vlerk is tot die nuwe staatsondernemingsbestuurswet van krag is.

Volgens mnr. Julius Ngweda, die ministerie van werke en vervoer se woordvoerder, sal minister John Mutorwa eers volgende week Dinsdag met die oorblywende lede van die NAC-raad vergader.



Besluit

Tydens dié vergadering sal besluit word hoe om te werk te gaan om 'n nuwe raadsvoorsitter op te spoor en aan te stel, het Ngweda gesê.

Volgens hom sou Kauta volgens die betrokke wetgewing nog tot September 2019 as voorsitter dien, was dit nie vir sy bedanking nie.

Jooste het gesê geen toepaslike redes is vir Kauta se bedanking verskaf nie.

Dít ondanks die inhoud van die bedankingsbrief, wat lees: “Ek beskou voortdurende betrokkenheid by en beraadslaging met die lynministerie en die ministerie van staatsondernemings as noodsaaklik vir die toepassing van enige belangrike raadsprogramme, -projekte of -besluite, maar hierdie siening is ongelukkig nie die oorheersende siening van die NAC-raad nie.”

Republikein het dié brief onder oë gehad.

Jooste sê egter die NAC-raad het 'n geskiedenis van toegewyde beraadslaging.

Hy sê voorts Kauta se verlating van die maatskappy behoort nie sy ministerie se toegang tot inligting oor NAC-sake te beïnvloed nie.

Volgens Jooste geniet voorbereiding op die Icao-oudit steeds voorkeur by die NAC-raad, asook korttermyn-­opknapwerk.

“Daarná sal die fokus op die langtermyn-opgradering van die HKIA wees,” het Jooste gesê.

Republikein het onlangs weer klagtes van ongelukkige reisigers ontvang, wat die vertragings by HKIA as onaanvaarbaar beskryf.

Mnr. Dan Kamati, NAC-woordvoerder, sê die maatskappy neem dié klagtes ernstig op.

“Ons gaan voort daarmee om belanghebbendes op voetsoolvlak te betrek om te verseker dat passasiers wat aankom en vertrek gemaklik is en makliker van die lughawe se geriewe gebruik kan maak – nou en ná die beoogde opgradering,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057