Naam van man bekend wat in ongeluk sterf
Die 41-jarige man wat Donderdag in ’n ongeluk op die Outjo-Otavi-grondpad gesterf het, is as Smit de Wet Louw identifiseer. Die kop-teen-kop-botsing wat sy lewe geëis het, het gister omstreeks 12:40 sowat drie kilometer van Otavi plaasgevind. Volgens die polisie se woordvoerder vir die Otjozondjupa-streek, adj.-off. Maureen Mbeha was Louw se sedanvoertuig en ’n bakkie in die ongeluk betrokke. Na bewering wou een van dié twee voertuie ’n vragmotor verbysteek toe dit teen ’n aankomende voertuig gebots het. Die 65-jarige bestuurder van die bakkie en sy 39-jarige vroulike passasier het ligte tot ernstige beserings opgedoen en is na die staatskliniek op Otavi vir behandeling geneem. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie