N$85 miljoen teen klimaatsverandering

Verskeie plaaslike projekte kan tot 58 000 menselewens raak, 200 werksgeleenthede skep en sowat 2 000 huishouding van voedselsekuriteit verseker.
Elvira Hattingh
ont face="Verdana" >Elvira Hattingh - Altesaam 19 projekte om die impak van klimaatsverandering te bestry, het Dinsdag skenkings ter waarde van N$85 miljoen van Namibië se Omgewingsbeleggingsfonds (EIF) ontvang.

Die skenkings vorm deel van die CBNRM-projek, wat beoog om gemeenskappe veerkragtig te maak wat die bestuur van hul natuurlike hulpbronne betref.

President Hage Geingob het tydens die geleentheid gesê sowat 58 000 mense sal na verwagting by die projek baat, wat kleinboere insluit, asook diegene wat van natuurlike hulpbronne afhanklik is.

“Dit sal ook na verwagting sowat 200 werksgeleenthede skep, en as platform vir landelike ekonomiese bevryding vir meer as 36 klein en medium ondernemings in 33 kiesafdelings dien,” het hy gesê.

Onder die begunstigdes tel onder meer die Ehi-rovipuka-bewaringsgebied, die Ohepi-gemeenskapswoud, die Uukwaluudhi-bewaringsgebied, die Uukolonkadi-Ruacana-bewaringsgebied en -gemeenskapswoud en die Okongo-gemeenskapswoud.

Beplande projekte sluit onder meer in die vervaardiging van veevoer deur gebruik te maak van hidroponiese tegnologie, klimaatslim landbou, sonkragprojekte, die verskaffing en bestuur van water en die opvang van reënwater in gronddamme.

WÊRELD KYK TOE

Die adjunkminister van die omgewing en toerisme, me. Bernadette Jagger, het gesê hierdie projek is ‘n eerste in sy soort wat op die beginsel van verbeterde direkte toegang tot steun vir gemeenskappe gegrond is.

“Die wêreld se oë is op ons en hulle is gretig om te sien of dit werk. Deur die projek verken Namibië nuwe weë.

“Lesse hieruit sal op verskeie wêreldplatforms gedeel word, wat insluit die Konferensie van Partye van die Verenigde Nasies (VN) se Klimaatsberaad, wat later vanjaar in San Diego plaasvind,” het Jagger gesê.

Sy het verduidelik die projek word deur die Groen Klimaatfonds (GCF) gerugsteun en die doel is om gemeenskappe wat deur klimaatsverandering geraak word direk te bemagtig om oplossings vir hul uitdagings te vind.

“Die idee is om nie te veel van raadgewers en ander steunorganisasies gebruik te maak nie.

“Ons het met projekte in die verlede gesien hoe baie geld deur middelmanne gebruik word en min uiteindelik by gemeenskappe uitkom.

“Vir hierdie projek geld die maatreël dat 85% van die geld direk aan die ondersteuning van gemeenskappe moet gaan, terwyl slegs 10% daarvan vir tegniese ondersteuning aangewend kan word en 5% vir bedryfsuitgawes,” het Jagger gesê.

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het gesê die geld gaan onder meer aangewend word om landbou se veerkragtigheid teen klimaatsverandering te verbeter en klimaatsweerstandige infrastruktuur aan te bring.

Shifeta sê behalwe dat dit sekere gemeenskappe met deurlopende toegang tot veilige water sal help, sal dit meer as 2 000 huishoudings van voedselsekuriteit verseker.

Hy het ontvangers van die skenkings gewaarsku die geld moet reg en eties bestuur word – veral omdat die wêreld se oë op Namibië is.

Hy het bygevoeg daar sal gevolge wees indien die geld wanbestuur word.

REGERING ERNSTIG OOR KLIMAAT

Geingob het gesê dié projek is deel van verskeie maatreëls wat die regering ingestel het om alle vorme van armoede in die land uit te wis.

“Die beskikbaarstelling van hulpbronne in die vorm van skenkings teen klimaatsverandering vorm ‘n klein, maar belangrike deel hiervan,” het hy gesê.

“Ons land het vyf opeenvolgende jare van ondergemiddelde reëns beleef, met die 2018-’19-jaar wat as een van die ergstes in dekades beskryf word.

“Na raming ervaar meer as 700 000 mense tans ‘n gebrek aan voedselsekuriteit. Dit het tot die afkondiging van ‘n droogtenoodtoestand gelei as ‘n natuurlike ramp wat alle landstreke raak.”

President Geingob het bygevoeg Namibië is een van die min lande ter wêreld wat volgens wet vir volhoubare ontwikkeling voorsiening maak.

Hy het gesê die Namibiese regering erken klimaatsverandering as een van die grootste uitdagings van ons tyd en erken Namibië is een van die kwesbaarste lande ter wêreld wat dit betref.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A