N$3,6 miljoen vir swartrenosters
N$3,6 miljoen vir swartrenosters
24 December 2020 | Omgewing
Die Europese Unie (EU) en die Organisasie van Afrika, Karibiese en Stille Oseaanstate (OACPS) deur die Biodiversiteit- en Beskermde Gebiede-program (Biopama) ondersteun die Save The Rhino Trust (SRT) Namibia met meer as N$3,6 miljoen (200 000 euro) om swartrenosters in die Noordweste te beskerm.
Die projek wat oor twee jaar sal strek, sal opleiding en toerusting aan SRT-spoorsnyers en –renosterbewaarders verskaf om voort te gaan om swartrenosters in die Kunene- en Erongostreek te monitor en te beskerm.
Hulle veg onverpoos om die laaste vrylopende swartrenosters in die wêreld van uitwissing te red. Die swartrenoster is op die Wêreldbewaringsorganisasie (IUCN) se rooilys as ’n bedreigde spesie geklassifiseer.
Die projek sal die versameling van data vir renostermonitering verbeter. Infrastruktuur sal geïnstalleer word en nuwe tegnologie sal gebruik word vir beter kommunikasie van spoorsnyers in die veld terwyl hulle patrollies oor die ruwe, bergagtige terrein van 25 000 vierkante kilometer stap.
Dit sal verseker dat renosters as toeristetrekpleister en die bestaande renosterbewaarderprogram volhoubaar bly en tot voordeel van die biodiversiteit en plaaslike gemeenskappe strek.
Die renosterbewaarderprogram word as een van die mees innoverende gemeenskapsgebaseerde bewaringsinisiatiewe in Afrika geag.
Dit verskaf ook ’n inkomste aan sowat 50 renosterbewaarders wat tans in die Noordweste werk.
“Ek is baie beïndruk met die ondersteuning wat natuurbewaring in Namibië tydens die Covid-19-krisis kry. Die vennootskap met Biopama kom op ’n geleë tyd om ons toe te laat om ons belangrike werk teen stropers voort te sit,” het die uitvoerende hoof van SRT Namibia, mnr. Simson Uri-Khob gesê.
“Terwyl fondse vir bewaringsprojekte daal, beteken dit stropery sal styg.”
Die EU-ambassadeur in Namibië, me. Sinikka Antila, sê Namibië word erken as die pionier van volhoubare wildbestuur en vertel ’n suksesverhaal van bewaring.
“Die EU is verheug om ’n vennoot van van SRT te wees en biodiversiteitsbewaring bly ’n prioriteit vir die EU.”

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
1 uur gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
16 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
16 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
16 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
16 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
16 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
16 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
16 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
16 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies