N$3 miljard vir watersekuriteit
N$3 miljard vir watersekuriteit

N$3 miljard vir watersekuriteit

‘n Kundige verduidelik hoe die nasionale plan vir watervoorsiening oor die volgende vyf jaar lyk.
Elvira Hattingh
Jana-Mari Smith - Die kabinet se goedkeuring van meer as N$3 miljard om noodsaaklike waterverskaffingsprojekte oor die volgende vyf jaar te finansier, is ‘n belangrike stap om medium- en langtermynsekuriteit van water in kerngebiede in Namibië te verseker.

Dít te midde van ‘n groeiende verbruikersvraag na kwynende waterhulpbronne en 'n verwoestende droogte.

Mnr. Pedro Maritz is ‘n kundige op die tegniese komitee (TCE) wat onder die kabinetskomitee vir die sekuriteit van watervoorsiening (CCWSS) werk, en in 2016 deur president Hage Geingob gestig is. Maritz het verduidelik die kabinet het op 2 April die CCWSS se aanbevelings onderskryf om ‘n aantal noodsaaklike projekte te finansier ten einde die ineenstorting van belangrike watertoevoerstelsels in kerngebiede te verhoed.

Maritz het ‘n praatjie by ‘n waterforum gelewer wat by die Wetenskaplike Vereniging van Namibië aangebied is om die vooruitsigte van waterverskaffing in die land te bespreek.

Hy sê oor die afgelope drie jaar het die span kernprioriteite kon identifiseer ten einde kritieke waterverskaffinguitdagings in die land te takel.

Volgens hom het die bevindinge en aanbevelings wat aan die kabinet voorgelê is, deel gevorm van fase twee van die span se poging om waterverskaffingsprojekte te identifiseer vir medium- tot langtermynwaterverskaffingbehoeftes vir die hele land.

Maritz het gesê die eerste fase se doel was om die waterverskaffingsituasie in Windhoek te takel, tesame met onvoorsiene tekorte in die sentrale dele van Namibië.

Die meeste aktiwiteite van fase een is voltooi. Die stad se vermoë om water van die Windhoek-akwifer te onttrek, is verdubbel. Daar kan nou, danksy die opgradeerde netwerk van boorgate, water teen ‘n tempo van 12 miljoen m³ per jaar onttrek word.

Nog ‘n belangrike prestasie van fase een was die opgradering van die wateronttrekking- en –verskaffingskema van die Karst-gebied rondom Grootfontein na die Von Bachdam. Dit het die verskaffingskapasiteit van dié bron verdubbel.

Maritz het wel gewaarsku ongeag hierdie verbeteringe “is ons steeds in die moeilikheid. Dis is moeilik om hierdie land van water te voorsien.”

DIE VOLGENDE STAP

Die kabinet se bekragtiging in April van die aanvanklike noodprogram, tesame met die vereiste N$3,094 miljoen se direkte finansiering oor die volgende vyf jaar, is gebaseer op die bevindinge en aanbevelings van die tegniese span.

Hulle het uitgebreide ondersoeke na haalbare opsies gedoen om die medium- tot langertermynwatersekuriteit vir kerngebiede te verbeter.

Die span het ook voorgestel ‘n spesiale, aparte begroting word geskep om seker te maak geld word slegs vir spesifieke projekte gebruik.

Maritz het verduidelik as deel van fase twee se ondersoeke en beplanning is dit noodsaaklik om van meet af behoorlike studies te doen. Lewensvatbare projekte moet ook geïdentifiseer word.

Hy het beklemtoon waterverskaffing is duur en hulle “wou seker maak die bes moontlike oplossings word gebruik”.

Van die 47 alternatiewe opsies wat ‘n span kenners ondersoek het om die beplanningsvoorstelle vir sentrale Namibia te verbeter en op te dateer, is net twee haalbaar bevind. Dit tel nou onder die projekte wat oor die volgende vyf jaar toegepas moet word.

Die eerste is om die watertoevoerstelsels van die Gammams-, Ujams- en Otjomuise-watersuiweringsaanlegte op te gradeer sodat ‘n tweede aanleg in Windhoek gebou kan word wat drinkwater lewer.

Die tweede is die opstel van ‘n waterontrekking- en verskaffingstelsel om gebruik te maak van die veilige potensiaal van die Karst Vier-gebied in en rondom Abenab en Tsumeb in die noorde van die land.

Die ander projekte wat oor die volgende vyf jaar geïmplementeer moet word, sluit in die verdubbeling van die Oshakati-suiweringsaanleg se kapasiteit, asook die ontwikkeling van die aanvanklike Ohangwena-verkenningsprojek.

Verder sal Rundu se watersuiweringsaanleg vervang word, asook hooftoevoerpype aan die kus, naamlik die Kuiseb-Swakopmund- en die Omdel-Swakopmund-pyplyn.

Die geld sal waarskynlik voorsien word vanuit ‘n spesiale afdeling binne die ministerie van landbou, water en bosbou. Die CCWSS, met behulp van die tegniese komitee, sal waarskynlik verantwoordelikheid vir die projekte neem.

Die N$3 miljard sal ook gebruik word om sommige finale aktiwiteite van die tegniese komitee se eerste fase af te handel.

Die meeste van fase een se aktiwiteite is direk deur die regering se tesourie gefinansier, het Maritz verduidelik, en het sowat N$ 300 miljoen gekos.

Hy het die regering se direkte betrokkenheid as ‘n enorme deurbraak beskryf.

“Dit dui op ‘n wyer aanvaarding deur die regering dat dit ‘n direkte en belangrike rol vertolk om sekuriteit in waterverskaffing vir alle gemeenskappe te bewerkstellig - en veral op plekke in Namibië waar sterk groei verwag word,” het hy gesê.

Maritz het gesê die span ondersoek steeds langtermynopsies vir waterverskaffing, insluitende ‘n skakel na die Kavango- en Kunenerivier, ‘n ontsoutingsaanleg aan die kus, asook ‘n verbinding met damme in die Suide.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A