N$14 miljoen vir kragprojek bewillig

Positiewe impak op gemeenskap

26 February 2020 | Regering
Yandi du Plessis - ’n Sooispitseremonie vir die voorsiening van krag aan die Otjomuise- en Havana informele nedersettings het Vrydag in Otjomuise in die hoofstad plaasgevind.

Die ministerie van landelike en stedelike ontwikkeling het N$14 miljoen vir die kragvoorsieningsprojek bewillig en sal na verwagting teen die einde Augustus vanjaar voltooi wees.

Die minister van landelike en stedelike ontwikkeling, dr. Peya Mushelenga, het tydens die geleentheid gesê die suksesvolle voltooiing van dié projek sal ’n merkwaardige verandering te weeg bring en ’n positiewe impak op die lewens van die gemeenskap hê.

Hy het in November verlede jaar gesê sy ministerie sal N$14 miljoen in die kragvoorsiening van 1 200 huise teen Junie 2020 belê.

“Ons het 'n morele verpligting om sosioëkonomiese ongelykhede in ons midde te herstel,” het Mushelenga gesê.

Volgens hom sal die suksesvolle en tydige voltooiing van die kragprojek ‘n teken van vooruitgang wees en inwoners van die Om’gulu-goombashe-, Kilimanjaro-, Babylon-, One Nation- en ander nedersettings kan in die toekoms dieselfde diens ontvang.

Die adjunkburgemeester, mnr. Ian Subasubani, het gesê die minister se teenwoordigheid is ‘n aanduiding van die belangstelling wat aan dienslewering, spesifiek vir minderbevoorregte stedelike inwoners, geheg word.

Hy het die inwoners van Otjomuise en Havana verwelkom en gesê: “Ons as julle politieke leiers is hard aan die werk om oplossings vir julle uitdagings te vind. Dit mag dalk nie teen die gewenste pas plaasvind nie, maar ons probeer ons bes.”

Die burgemeester van Windhoek, me. Fransina Kahungu, het gesê hulle is tevrede met die resultate van die herrangskikking van die stad se hulpbronne.

“Elektrisiteit was in die verlede ’n luuksheid maar is vandag ’n noodsaaklikheid vir almal.”

Volgens Kahungu sal baie mense in die Khomasdal- en Moses Garoëb-kiesafdelings binnekort onwettige kragverbindings vaarwel kan roep.

“Inwoners sal binnekort geld kan spaar, aangesien hulle nie meer buitensporige tariewe aan onwettige kragvoorsieners hoef te betaal nie,” het sy gesê, en bygevoeg skoolkinders sal nie langer ‘n rede hê om nie op skool te presteer nie, aangesien hulle nou in die aande kan leer.

Sy het inwoners herinner dit is hul burgerlike plig om hul maandelikse munisipale rekeninge betyds te vereffen.

Kahungu het ‘n beroep gedoen op die konstruksiemaatskappye wat die tenders ontvang het, Ekodi Investment cc, NK Trading cc en Faraday’s Electrical & Mechanical cc, om goeie diens te lewer en nie in die proses geld te vermors en die mense teleur te stel nie.

Die goewerneur van die Khomasstreek, me. Laura McLeod-Katjirua, het die munisipaliteit met die doelgerigte hervatting van hul ontwikkelingsverantwoordelikheid gelukgewens, asook hul konsekwentheid tydens die program. “Dit is ‘n aanduiding van die stad se toewyding om dienste na sy mense te neem,” het sy gesê.

“Die proses om dienste na die mense in informele nedersettings te neem is ingewikkeld, en die verantwoordelikheid kan nie slegs op die skouers van die Windhoek-munisipaliteit rus nie. Almal moet hul kant bring om die gemeenskap in te lig oor die belang van georganiseerde nedersettings en sodoende die kommerwekkende idee van grondonteiening te ontmoedig.”

Mnr. Samuel Angolo, die streekraadgewer van die Khomasdal-kiesafdeling, het die betrokke partye bedank, en gesê die verwesenliking van die projek is werklik ‘n aanduiding dat verandering op pad is.

“Ons is innig dankbaar. Nou kan ons kinders by die huis leer en ook ‘n kans hê om teen ander leerlinge in die land mee te ding,” het Angolo gesê. – [email protected]

Soortgelyk

 

B-dag: Maak of breek

8 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

8 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

8 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

8 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

8 ure gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...

Stappe by Covid-drywer se stoppe

8 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang...

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

8 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Medelye stroom in vir man wat aan Covid-19 sterf

8 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer – Medelye stroom glo in vir die familie van die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, ­Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is.Die minister...