N$109 miljoen vir landbou in Kunene
Die projek beoog om weiveld- en ekostelselbestuurpraktyke van kleinskaalse boere te verbeter wat deur klimaatsverandering geraak word.
Francoise Steynberg - Die droogte van die afgelope vyf jaar het landbouproduksie laat daal, en droogtehulp kos die regering gemiddeld N$700 miljoen per jaar.
Só sê die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, wat Woensdag een van die gassprekers in Windhoek was tydens die aankondiging van die Verenigde Nasies (VN) se Groen Klimaatfonds dat landbouprojekte in die Kunenestreek wat deur klimaatsverandering geraak word met US$9,3 miljoen (sowat N$109 000) gefinansier gaan word.
Addisionele finansiering van sowat N$8,2 miljoen (US$700 000) word deur Namibië se regering verskaf.
Die projek skop op 1 Junie in Sesfontein, Fransfontein en Warmquelle af en beoog om weiveld- en ekostelselbestuurpraktyke van kleinskaalse boerderye te verbeter wat deur klimaatsverandering geraak word.
"Te wyte aan temperatuurstygings kan Namibië tussen 27% en 32% se mielie-, sorghum- en garsproduksie verloor," het Schlettwein gesê.
"Namibië gaan oor die volgende 30 jaar beleggings van tussen N$380 miljard en N$400 miljard nodig hê om natuurlike hulpbronne te verseker en om volhoubare ekonomiese groei te handhaaf," het Schlettwein gesê.
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het gesê altesaam 44 400 kleinskaalse boere en hul families sal voordeel uit die projek trek wat die derde klimaatsveranderingsprojek is wat aan die Groen Klimaatfonds voorgelê is.
Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. Alpheus !Naruseb, het gesê die projek sal drie jaar lank in die Kunenestreek duur - "'n streek wat veral die afgelope 10 jaar hard deur droogte getref is".
Hy sê die projek sal die rehabilitasie van twee groenskema-geriewe by Sesfontein (11 hektaar) en Warmquelle (sewe hektaar) ondersteun en dit sal ook as opleidingsentrums rondom klimaatsbestande landbouproduksie vir kleinskaalse boere dien.
Nóg 'n gemeenskapsgebaseerde groenskema van 40 hektaar sal by Fransfontein gevestig word.
"Om die nasionale omvattende landboubewaringsprogram suksesvol te implementeer, word N$96 miljoen jaarliks benodig, wat in die huidige ekonomiese klimaat te hoog is. Verlede jaar het die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië (EIF) toegang tot US$10 miljoen gekry vir 'n projek wat op akkerbouers in die drie noordoostelike streke gemik is, en dié projek vorder goed," het !Naruseb gesê.
Die drie ministers het die EIF onder leiding van mnr. Benedict Libanda vir hul harde werk bedank om die finansiële steun van die Groen Klimaatfonds te bekom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie