N$10 miljard se transaksies gefynkam

FIC sê oor Fishrot-ondersoek

10 September 2020 | Misdaad
Ronelle Rademeyer



Die Finansiële Intelligensiesentrum (FIC) het sowat 1 miljoen transaksies ten bedrae van nagenoeg N$10 miljard gefynkam vir ongerymdhede wat met die Fishrot-ondersoek verband hou.

Dit het die transaksies van 697 besigheidsrekenings en 303 individuele bankrekenings behels en die FIC het 90 werksdae bestee om dit vir bewyse van geldwassery en ander finansiële misdrywe te ontleed.

Dié inligting het gister tydens die virtuele bekendstelling van die FIC se jaarverslag vir 2019-'20 aan die lig gekom.

Me. Leonie Dunn, direkteur van die FIC, sê die sentrum het in die boekjaar onder oorsig meer as 86 000 verslae ontleed en die relevante owerhede se aandag op N$17 miljard se transaksies gevestig waarby misdaad moontlik betrokke was. Sowat N$10 miljard het spesifiek met die Fishrot-ondersoek verband gehou.

Die FIC se mandaat is om die ­beweging van geld vir ­finansiële misdade soos geldwassery, die finan­siering van terrorisme en ander ­finansiële oortredings te fynkam en vir verdere ondersoek met die polisie en ander belanghebbende owerhede te deel.

“Dié N$17 miljard is nou onderhewig aan ondersoeke deur wetstoepassingsowerhede en ander geïdentifiseerde finan­siële intelligensie-agentskappe,” sê Dunn.

Volgens haar is die “beduidende getal van 344 werkbare ­intelligensieprodukte” aan die relevante ­owerhede voorgelê. Dit sluit in inligting waarop die FIC afgekom en ­spontaan aan die owerhede openbaar het, of analises wat deur die ­Teenkorrupsiekommissie (ACC), polisie, ministerie van finansies, die kantoor van die ­aanklaer-generaal of buitelandse finansiële intelligensiesentrums aangevra is, sê sy.

Volgens Dunn het die FIC bygedra tot 84 ondersoeke wat deur die polisie en die ACC gedoen is.

“Die misdade wat ondersoek is, sluit in bedrog, korrupsie, wildstropery, dwelmhandel, piramideskemas en geldwassery,” het sy tydens die virtuele nuuskonferensie gesê.

Dit blyk dié ondersoeke het tot 15 skuldigbevindings en ­vonnisse vir geldwassery gelei.

“Verder is daar nog 50 ander sake met elemente van geldwassery-oortredings wat tans in die proses is om verhoor te word,” het sy gesê.

Die internasionale bom oor reuseomkopery met viskwo­tas aan die Yslandse maat­skappy Samherji, het vroeg in ­November verlede jaar gebars. Dit het tot die inhegtenisneming van die sogenaamde Fishrot-6 gelei.

Hulle is die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, die voormalige minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, Esau se skoonseun, mnr. Tamson “Fitty” Hatuikulipi, sy neef, mnr. James Hatuikulipi en mnre. Ricardo Gustavo en Pius Mwatelulo.

(James) Hatuikulipi was die voorsitter van die regering se vismaatskappy, Fishcor, en die voormalige besturende ­direkteur van Investec Asset ­Management Namibia.

 - [email protected]

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

5 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

5 ure gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

5 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

5 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

5 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

5 ure gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

5 ure gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

5 ure gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

5 ure gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...