Ná totale oorheersing gly Eagles in finaal

Namibië se treurmare het reeds in die tweede boulbeurt begin toe sy eerste kolwer onnodig uitgehardloop is. Hierna is sewe kolwers ná swak houe uitgevang.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – 'n Teleurstellende afdag het die Capricorn vroue-Eagles met leë hande huiswaarts laat keer, nadat hulle elke wedstryd van die Kwibuka T20-toernooi behalwe Saterdag se eindstryd teen Kenia gewen het.

Teen alle verwagtinge in is die Namibiërs in Kigali, Rwanda, vir slegs 69 lopies in 15.5 boulbeurte uitgeboul, terwyl Kenia kop gehou het om in net elf boulbeurte die finaal met sewe paaltjies te beklink.

Die Eagles, wat ingestuur is om eerste te kolf, se positiewe kolfwerk is beslis 'n ligpunt, maar hul wedstrydplan vir dié finaal het aansienlik van die vorige dae verskil. Dit was duidelik dat die kolwers uit die staanspoor lopies moes slaan en swak houekeuses het veroorsaak dat die Eagles hopeloos te vinnig paaltjies verloor het.

Selfs toe die paaltjies begin val het, is nie na 'n meer konserwatiewe plan B oorgeskakel om die kolfbeurt in die laaste agt boulbeurte te anker nie.

Namibië moes minstens 120 op die telbord geplaas het om Kenia se minder gerekende kolflys onder druk te plaas. Die Eagles het immers in sy groepwedstryd teen Kenia 110/6 in 20 boulbeurte opgestapel en Kenia vir 74 in 14.2 boulbeurte uitgeboul. Of dié euforie en hul ander drie verspot maklike oorwinnings tot die Eagles se ondergang bygedra het, sal net die spelers kan beantwoord.

Die aanvangspaar Adri van der Merwe en Suné Wittmann het onderskeidelik met 33 en 39 in hul groepwedstryd die Keniaanse boulers oorheers. Wittmann het die toernooi se prys as die topkolwer ingepalm.

Sarah Wetoto, Kenia se boulheld in die finaal met ses paaltjies vir 'n skamele 16 lopies in 3.5 boulbeurte, het reeds die vorige keer die gevaarseine met 3/13 in vier boulbeurte gestuur.

Boonop het hul kaptein, Margaret Ngoche, Saterdag 'n ware kapteinsbeurt gespeel en die enigste ses van die eindstryd gemoker sonder om haar paaltjie te verloor.

Vir die Eagles het min dinge reg verloop. Vandat die aanvangspaar (Van der Merwe 5, Wittmann 7) uit is met net 13 op die telbord, tot die twee twyfelagtige beslissings en die latere drie maklike verbroude vangkanse het die Eagles se dag op kantoor opgesom.

Met so min lopies moes die boul- en veldwerk die kastaiings uit die vuur krap, maar die Namibiërs was hier ewe ondoeltreffend. Die draaier Victoria Hamunyela, wat twee keer in die toernooi speler van die wedstryd was, is hopeloos te laat betrek om die kolwers onder druk te probeer plaas.

Hamunyela, met 1/4 in een boulbeurt, is eers in die tiende boulbeurt nader geroep toe Kenia reeds op 52/2 gestaan het. Toe was die koeël reeds deur die kerk.

Van Zyl het die laaste boulbeurt afgestuur en boonop 'n wydloper geboul en 15 lopies is lag-lag deur Margaret Ngoche (14, met twee viere en 'n ses) en Wetoto (1) teen haar geslaan met geen veldwerker in sig nie.

Yasmeen Khan, Kayleen Green en Sylvia Shihepo was die enigste Namibiese kowers wat dubbelsyfers kon behaal.

Die Eagles se telkaart: Van der Merwe 5 (9 b, 1x4), Wittmann 7 (6 b, 1x4), Khan 11 (16 b, 2x4), Green 15 (18 b, 2x4), Irené van Zyl 3 (4 b), Didi Foerster 2 (4 b), Wilka Mwatile 0 (2), Edelle van Zyl 6 (10 b), Shihepo 16* (21 b, 2x4), Merczerly Gorases 0 (4 b), Hamunyela 0 (1 b).

Val van paaltjies: Van der Merwe (1/6 in 1.3 boulbeurte), Wittmann (2/13 in 2.5), Khan (3/39 in 7.3), Green (4/42 in 8.2), Foerster (5/45 in 9.1), Mwatile (6/46 in 9.4), I. van Zyl (7/47 in 9.6), E, van Zyl (8/62 in 13.5), Gorases (9/64 in 15.1) en Hamunuyela (10/69 in 15.5).

Vir Kenia was Wetoto met 6/16 in 4 boulbeurte die doring in die Eagles se vlees. Behalwe dat sy 'n puik vang­skoot benut het, het sy 'n been voor paaltjie beslissing gekry, vier kolwers laat uitvang en een uitgeboul.

Sy is goed deur Lavendah Idambo (1/ in 4), Melvin Idambo (1/22 in 4) en die speler van die toernooi, Queentor Abel (1/11 in 4) bygestaan.

Kenia se lopies is deur Abel (10, 13 b, 2x4, gevang deur paaltjiewagter Yasmeen Kahn, geboul Mwatile), Veronica Abugo 0 (5 b, gevang Foerster, geboul Green), Ngoche 37* (30 b, 6x4, 1x6), Sharon Juma 16 (14 b, 3x4, been voor paaltjie deur Hamunyela) en Wetoto 2 (4 b) aangeteken.

Val van Kenia se paaltjies: Abugo (1/0 in 1.5), Abel (2/22 in 4.5) en Juma (3/54 in 9.3).

Vir die Eagles het Hamunyela (1/4 in 1), Mwatile (1/12 in 2) en Green (1/18 in 4, 1 leeg) toegeslaan.

Namibië kon hierdie keer net agt viere teen die tou laat klap, terwyl Kenia (11x4, 1x6) meer grenshoue geslaan het.



'JONG GROEP MAAK VORDERING'

Namibië se kaptein, Irené van Zyl, sê die verloop van die eindstryd was bykans presies die omgekeerde as in die spanne se groepwedstryd.

“Kenia was meer klinies, gefokus en afgerond en het verdien om te wen.

“Die finaal se uitslag is teleurstellend, want dis die een wat tel, maar ons jong groep toon bemoedigende vordering onder ons nuwe afrigter Francois van der Merwe en die individue ontwikkel al hoe beter in hul rolle.

“Ware sukses vat tyd en ons sal die lesse uit hierdie ondervinding leer.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.38/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.88% | Zinc US$ 2 893.10/T UP 1.36% | Brent Crude Oil US$ 89.30/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.38/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.88% | Zinc US$ 2 893.10/T UP 1.36% | Brent Crude Oil US$ 89.30/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022