’n Sopnat feestyd
Namibië beleef ’n sopnat feestyd met goeie reënneerslae wat oor groot dele van die land voorgekom het en riviere wat geloop het. Volgens vandag se weervoorspelling sal die binneland gedeeltelik bewolk wees en sal dit baie tot bloedig warm in die Suide wees. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met enkele tot geïsoleerde donderbuie, maar verspreide donderbuie plek-plek in die Noordweste, sentrale noordelike gebiede en die Otjozondjupa- en Omahekestreek. Hier is die Erundurivier in vloed op die plaas Erundu tussen Otjiwarongo en Kalkfeld. Dit het die afgelope week bykans elke dag in dié omgewing gereën. Foto Ronelle Rademeyer
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie