'n Seder val in Swapo

Dr. Nickey Iyambo sterf in Windhoek

20 May 2019 | Mense
Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018) en geliefde Swapo-strydros, dr. Nickey Iyambo, is by sy staatswoning in Windhoek dood.

Hy sou vandag sy 83ste verjaardag gevier het.

Pres. Hage Geingob het die aankondiging van sy dood kort na negeuur gisteroggend op Facebook gemaak.

“Dr. Iyambo laat 'n ryk erfenis van lojale diens aan die mense van Namibië na,” het Geingob gesê, en sy innige meegevoel met sy vrou en familie betuig.

Iyambo het vroeg in Februarie 2018 die tuig as visepresident vanweë gesondheidsredes neergelê. Hy was egter steeds 'n lid van die Nasionale Vergadering.

Verskeie roubeklaers, onder wie Geingob en me. Monica Geingos, het die familie gister in Eros besoek.

As boorling van Onayena in die Oshikoto­streek het hy die land in 1964 as Swapo-uitgewekene verlaat. Kort voor dit was Iyambo die eerste swart posmeester in die land (1962-1963).

Hy het tussen 1969 en 1980 vier grade aan die Universiteit van Helsinki in Finland verwerf. Benewens dat hy hom as mediese dokter bekwaam het, het hy ook 'n meestersgraad in politieke wetenskap verwerf.

Van 1966 – 1971 was hy Swapo se verteenwoordiger in die Nordiese lande. In die 1980's was hy Swapo se hoof van militêre mediese dienste en het die party ook in ander hoedanighede gedien, blyk dit uit die verklaring wat Staatshuis gister uitgereik het.

In 1989 is hy aangestel as lid van die grondwetlike vergadering en was dus een van die grondleggers van die Namibiese grondwet. Sy eerste ­ministeriële portefeulje ná onafhank­likwording was as minister van gesondheid en maatskaplike dienste (1990 – 1996). Daarna is hy aangestel as minister van streeks- en plaas­like regering (1996 – 2002), myne en energie (2005 – 2008), landbou, water en bosbou (2005 – 2008), veiligheid en sekuriteit (2008 – 2010), en veteranesake (2010 – 2015).

Die rang van eersteklas bevelvoerder in die Orde van die Leeu van Finland is op 18 Maart 2011 deur pres. Tarja Halonen van Finland aan Iyambo toegeken.

Op 26 Augustus 2014 is die Mees Buitengewone Orde van die Son (eerste­klas) deur oudpres. Hifikepunye­ Pohamba aan hom toegeken.

Iyambo is in April verlede jaar tydens 'n private geselligheid met me. Johanna Itewa getroud.

Volgens Staatshuis sal die reëlings vir sy begrafnis later bekend gemaak word.

Soortgelyk

 

'n Seder val in Swapo

7 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

7 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

7 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

7 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

7 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

7 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...

Water: Hou rekord van elke druppel

7 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh - Tot 90% van die water in Windhoek wat onnodig weens lekkasies of buitensporige waterverbruik verlore gaan, sou gespaar kon word indien huishoudings...

Semifinalis onttrek aan Mej. Namibië

7 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - 'n Semifinalis in die Mej. Namibië 2019-kompetisie, ­Michelle Pretorius, het aan die geleentheid onttrek. Volgens haar ma, me. Anke Pretorius, het Michelle...

'Millenniërs werk anders'

7 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Werkloosheid onder die jeug is 'n nasionale krisis wat op alle vlakke, nie net deur die regering nie, dringend aangespreek moet word....