'n Saak van lewe en dood
Wie sou nou kon dink die nuwe jaar reeds sou al vroeg-vroeg vir ons 'n groot verrassing opdis? En boonop nie eens 'n lekker een nie.
Die een ding in almal se gedagtes en op almal se lippe is die coronavirus wat met sy koms die wêreld soos ons dit ken eensklaps verander het.
Blitsvinnig het ons daaglikse dinge en roetines skielik tot stilstand gekom. Daar is geen skool of kerk toe gaan meer nie, sportbyeenkomste is vir nou eers iets van die verlede, besighede maak toe, en eienaars en werkers wonder wat die toekoms gaan inhou.
Tog is die strate nog vol kinders en vir baie het niks verander nie – dit ten spyte van die winde van verandering wat nou stormsterkte bereik het en om ons woed.
Hoeveel mense besef dit is glad nie 'n vakansie nie?
Van die straatverkopers doen nog steeds hul ding. 'n Nagklub adverteer in die sosiale media hulle beplan 'n maskerbal, en baie mense vra hoe daar gedrink word met maskers aan.
Dis of ons nie die erns van die saak besef nie.
Ons land, en ook baie ander lande, se grense is nou gesluit. Vragmotors hoop op en vorm lang rye by grensposte. Geen passasierskip gaan vinnig weer in ons hawe aandoen nie, en vliegtuie se vlerke is geknip.
Mense loop met maskers rond. Fronse van kommer trek lyne oor hul voorkoppe en plastiekhandskoene bedek bewende hande.
Winkelrakke, waar sanitêre produkte eens opgestapel was, is nou leeg.
Ons skud ook nie meer blad nie, maar stamp nou eerder elmboë. Elke hoes, proes of kuggie word met agterdog bejeën.
Fopnuus bring vrees en saai paniek. Te midde van alles word hardop gewonder of ons gerat is vir dit wat nog kan kom.
Hulle sê die virus kan en sal net verslaan word deur almal se samewerking, en dus speel individue hier die grootste rol.
Elkeen van ons moet verantwoordelik optree in ons strewe om die verspreiding van hierdie virus te bekamp. Was die hande, hou jou afstand en as jy kan, bly liefs tuis.
Onthou ook jou naastes en die ouer garde in hierdie stryd en doen vir hulle wat jy kan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie