’n Rapsie Jonathan

‘Menslikheid is snaaks’
Lloyd Zandberg
Lloyd Zandberg

Rikus de Beer het groot naam in die vermaakwêreld met sy skreeusnaakse karakter, Jonathan, gemaak.

Party beskryf hom as vulgêr, en dan kry jy dié wat nie hul lag kan hou sodra hy sy mond oopmaak nie.

Hoe dit ook al sy, hierdie bekende Suid-Afrikanse komediant maak opslae waar hy gaan.

En nou is hy op pad Namibië toe, waar hy Vrydagaand by die Windhoek Buitekluboord gaan optree.

Kollig het met Rikus oor Jonathan, Radio Raps en sy beplande optrede in Windhoek gesels.

Nie baie mense dra kennis van Rikus se pad na sukses en roem nie.

Hoe dit begin het

Radio Raps is gebore uit ‘n WhatsApp-groep wat Rikus begin het om sy vriende met snaakse stemboodskappe te vermaak. Die grappe en boodskappe wat op die groep gedeel is, was onder meer “uitsendings” van die fiktiewe radiostasie Radio Raps.

Een van die “luisteraars”, die einste Jonathan, het op ‘n gereelde basis ingebel en raad aan luisteraars verskaf. Dit was nie lank voor die res van Suid-Afrika hierdie stemboodskappe begin versprei het nie.

“Baie mense het nie saamgestem met wat Jonathan deel nie, maar soms was dit moeilik om met hom te stry oor wat hy sê. Die meeste van die tyd het hy net die waarheid gepraat.”

Só sê Rikus, wat ná jare se harde werk as een van Suid-Afrika se voorste komediante beskou kan word.

Hy vertel Jonathan gee eintlik net ons alledaagse lewe en bestaan met humor weer.

Rikus het toe besef hy kan die idee van Radio Raps en Jonathan verder voer en ‘n eenmanvertoning skryf.

“Jonathan se eenman- stand-up comedy vertoning en die idee daarvan was nog altyd my passie. Ek is gaande daaroor om mense te laat lag en te vermaak – veral as dit oor die waarheid gaan,” sê Rikus.

Hoewel die waarheid nie altyd mooi of snaaks is nie, sê Rikus menslikheid is altyd humoristies, of ten minste kan dit deurgaans as snaaks beskou word.

“Wanneer iemand val of in ‘n skuifdeur vasloop, is dit vir my snaaks. Selfs wanneer iemand skrik. Dis die klein goedjies wat almal se tekortkominge uitwys, en dís snaaks. Dit beketen nie jy is minderwaardig as so iets met jou gebeur nie.”

Die belangriskte deel van komedie is selfspot, en om op hoogte van aktuele kwessies te bly. Baie komediante maak gebruik van politiek in hul produskies. Rikus verkies om nie politieke grappies te maak nie.

“Politiek is die kuns om mense te oortuig om vir jou te stem sodat jy mag kan kry. Politiek behels die vermoë om negatiewe propaganda te saai sodat mense kan sleg dink oor die een party en kan glo die ander party is die oplossing. Ek glo eerder in mense wat goed doen sonder erkenning en dit ter wille van die mensdom doen,” sê hy.

Hy put wel inspirasie uit ander komediante, onder meer Kevin Hart en Michael McIntyre, maar verduidelik sy produksies en die inhoud daarvan só: “Ek hou daarvan om mense en situasies waar te neem, as mense nie met gedrag kan identifiseer nie, is dit nie snaaks nie.”

Dis uiteraard hoekom die Jonathan-karakter so snaaks is.

Dis die fyn waarneming van die alledaagse wat op ‘n oorspronklike manier oorgedra word wat hom so snaaks maak.

Rikus maak ook gebruik van humor as 'n manier om sekere omstandighede of voorvalle te hanteer. Soos verlede jaar, toe hy báie skielik báie siek geraak het.

Maar dit het sy lewe ten goede verander, sê hy.

“Tyd is kosbaar, en hoe en saam met wie jy dit spandeer, is belangrik. Ek het in my lewe al vyf karre afgeskryf, 'n klomp bene gebreek, drie hartversakings gehad, lewer- én nierversaking gehad, maar onkruid vergaan nie. Ek het geleer jy gaan gemeet word aan hoeveel mense se lewens jy verander of hoeveel jy geïnspireer het in jou tyd op aarde. Jou rykdom gaan eendag gemeet word aan hoeveel mense vrywilliglik by jou begrafnis is, en nie by jou paarties nie.”

Genuine in Namibië

Genuine, Jonathan se nuwe eenmanvertoning, is op dieselfde manier as sy ander produkies geskep, sê Jonathan.

“Dit gaan oor die lewe en menslikheid,” sê hy eenvoudig.

Rikus het die vermoë om enige storie soos iets uit ‘n boek te laat klink. Hy vertel hy het een keer op skool vergeet om vir ‘n mondeling voor te berei en, ironies genoeg, het hy volpunte gekry. Dis seker veilig om te sê sy liefde vir die verhoog en vermaak kom al van kindsbeen af.

“Die juffrou het vir my gesê ek gaan 0 kry as ek nie ten minste 'n storie vertel nie. Ek het toe daar op die spot een van die beste stories in die wêreld vertel en ek het volpunte gekry . . . Ek kan tot vandag nie lekker al die draaie van daai storie onthou nie, maar daar was donkie, 'n leeu en 'n olifant in.”

Rikus het al vantevore in Namibië opgetree en sy mond water veral oor die land se heerlike vleis.

“Ek is baie lief vir vleis. Enige vleis. En die rustigheid en natuurskoon wat mens op min plekke in die wêreld kry – die bosveld, die woestyn, die panne, en selfs die Caprivi. Alles so uniek en baie, baie mooi!”

Jonathan sien baie uit na sy show en vermoedelik is dit “omdat Namibiërs vir my meer plat op die aarde en vriendelike mense is – mense-mense”.

Wat besonders aan Rikus is, is dat hy eintlik diep en opreg in sy benadering tot die lewe is.

Sy mening oor aardverhitting is ‘n goeie voorbleed hiervan: “Daar is baie teorieë daarvoor en daarteen. Die belangrikste is om na die feite te kyk. Ek dink enige vorm van oneerbiedigheid teenoor die aarde is nie volhoubaar nie, so dit is vir seker iets waaraan ons meer tyd en geld moet bestee. Hoe groener energie raak, hoe meer volhoubaar is dit, en dít behoort die uitkoms vir enige samelewing te wees.”

Hoe verskil sy lewe op die verhoog van sy lewe in die werklikheid? Deel Rikus en Jonathan enige eienskappe?

“Ek dink daar is baie van Jonathan in Rikus en andersom. Rikus is vanselfsprekend bietjie minder intens en meer saggeaard, en ek dink Rikus is soms bietjie stiller, maar hoewel die een meer kras voorkom, het hulle al twee baie klein harte.”

Hoe lyk ‘n dag in die lewe van iemand wat ‘n soort dubbele lewe lei?

“Ek het 'n paar projekte en besighede waarmee ek besig is, so my dag is maar tussen vergaderings en besoeke aan my restaurant. Ek het nie eintlik werksure nie, want soms begin ek 10:00 met 'n idee of projek en sit nie pen neer tot die volgende oggend nie, en dan begin die dag al weer.”

Hoewel sy program druk is, maak Rikus tyd vir liefdadigheid en is gereeld by sulke projekte betrokke.

“Ek doen gereeld liefdadigheidswerk vir ’n paar plekke, mense en diere, maar tensy dit kan lei tot ander instansies wat kan help bydra tot die doel, sal ek dit nie bekend maak nie. Ek help, want ek wil. Nie om iemand se opinie oor my te verander of vir publisiteit nie.”

As hy met enigiemand ‘n doppie (of tee) kan drink, sal dit met At Botha van Binnelanders wees, Riaan Cruywagen en Walt Vorster van Egoli, iewers op 'n plaas om 'n vuur.

Vir die res van 2019 het Rikus baie planne.

“Ek begin die helfte van die jaar met die nuwe eenmanstuk, ons doen 'n paar lang flieks/dokumentêre, en ons doen nog TV-reekse. Vanjaar begin ek ook ‘n podcast as Rikus, ons chat bietjie ball, ons gaan Amerika toe en ’n klomp ander goed. Check this space!” sê hy.

Genuine is vanaand om 20:00 by die Windhoek Buitekluboord te sien. Kaartjies is by webtickets.com.na teen N$160 beskikbaar. Geen onder 16’s word toegelaat nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.49 | EUR to NAD 20.16 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 345.75/OZ UP +0.65% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.76% | Zinc US$ 2 879.10/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 89.41/BBP UP +0.58% | Platinum US$ 911.90/OZ DOWN -0.0044 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.49 | EUR to NAD 20.16 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 345.75/OZ UP +0.65% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.76% | Zinc US$ 2 879.10/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 89.41/BBP UP +0.58% | Platinum US$ 911.90/OZ DOWN -0.0044