’n Moeson van Portugese klanke
Op 26 April doen die Portugese groep Senza ’n show by die Warehouse-teater ter viering van Portugese Taaldag.
Senza het ontstaan toe 'n groep musikante op reis na Suidoos-Asië, ná konserte in New York, Beijing, Goa en Dili, besluit het om die groep te stig.
Hul tweede album, Antes da Monção (Portugees vir "voor die moeson"), is op hul onlangse reis na Indië gebaseer, wat beloof om gehore met nuwe stories te inspireer.
Hierdie nuwe album bevat spesiale bydraes deur Júlio Pereira, Rão Kyao en João Frade.
Die toer vir hul album Praia da Independência (Portugees vir “strand van onafhanklikheid”) het groot sukses behaal en die groep het die wêreld daarmee platgereis.
In net meer as 'n jaar en 'n half het hulle in stede soos Goa, New York, Moembai, Beijing, Dili, Washington DC, Nieu-Delhi, en ook in Europa opgetree.
Hul kreatiewe uitbarsting het daartoe gelei dat hul eerste liedjies aan die suidelike kus van Kambodja, Viëtnam en Thailand geskryf is vir konserte dwarsoor die wêreld.
Hul geheim, sê hulle, lê in intensiteit, toewyding en hul passie vir musiek.
Belangstellendes kan Senza op 26 April om 19:00 op die Warehouse-teater se verhoog sien.
Kaartjies beloop N$100 vooraf by www.eventstoday.com.na/PayToday/Airtime City-kiosks/Warehouse-teater en N$150 by die deur.
Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.
.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie