‘n Meteoor naby Karibib?
Elvira Hattingh - Ooggetuies in die Omaruru-Karibib omgewing glo hulle het Saterdagnag omstreeks half twaalf ‘n meteoor in die hemelruim sien ontplof.
Verskeie mense uit die omgewing sê hulle het ‘n dreuning soos donderweer gehoor – sonder dat daar onweer in die lug was - terwyl sommige meen hul huise het geskud en ander gesien het hoe die hemelruim vir ‘n oomblik helder verlig was.
Plaaswerkers van Kuduberg was die enigste wat tydens die gebeurtenis uitgestorm het. Hulle vertel dat ‘n vreeslike wind tydens die gebeurtenis die sand rondgewaai het en dat dit gelyk het of die son in die rigting van Karibib opkom.
Mnr. Fred von Alphen, wat 10 km verder op die plaas Eileen woon, sê hy was ook nog wakker toe hulle iets hoor wat soos donderweer geklink het.
“Dit het eers hard geslaan het, voor die dreuning sagter geraak het. Ek het gewonder waar die donderweer skielik vandaan kom. FOTO TER ILLUSTRASIE.
“Dit was definitief geen aardbewing nie omdat ons óók die skudding sou gevoel het,” het hy gesê. Hy meen diegene wat glo hulle het ‘n skudding gevoel, het dalk eerder skokgolwe van die ontploffing van die meteoor gevoel.
Von Alphen sê enkele jare gelede het hulle ‘n baie soortgelyke ervaring gehad en hy was toevallig buite. Toe het hy gesien hoe ‘n meteoor in die lug uitbrand.
As 'n meteoor 'n baie helder lig veroorsaak wanneer dit in die aarde se atmosfeer ontplof, noem wetenskaplikes dit 'n In die geval is dit bolide.
Dr. Rian Steenkamp van die Universiteit van Namibië se fisika-afdeling het voorheen aan Republikein gesê tot dusver bestaan daar nie 'n monitorstelsel in Namibië wat vir vallende meteoriete uitkyk nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie