’n Lewe saam met leeus

Vir die Namibian Lion Trust in die Noordweste is karnivoorbewaring en gemeenskapsondersteuning ewe belangrik.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg

As daar nie leeus by Hobatere is nie, is daar geen trekpleister vir toeriste nie.

“Waarom sal toeriste al die pad hierheen ry as hulle nie leeus kan sien nie?” vra die bestuurder van Hobatere Lodge, me. Susanne Hoaës.

Vir boere en gemeenskappe is dit egter ’n groot uitdaging om saam met wilde diere soos olifante en leeus te leef. Talle leeus is al in die omgewing afgemaai – óf vergiftig óf as probleemdiere verklaar en van kant gemaak.

Mens-leeu-konflik in die Noordweste aangrensend tot die Etosha Nasionale Park en Hobatere-toerismekonsessie is ’n ingewikkelde kwessie wat deur die niewinsgewende bewaringsorganisasie Namibian Lion Trust (NLT) getakel word.

Die stigter van NLT, me. Tammy Hoth, loop al dekades lank ’n pad met karnivoorbewaring en die voorkoming van mens-leeu-konflik. Sy het in 1997 die AfriLeo-stigting begin en in 2010 het sy saam met AfriCat haarself tot karnivoorbewaring en gemeenskapsondersteuning verbind. Sy het NLT in 2019 gestig.

LEEUWAGTERSTELSEL

In 2010 het sy die leeuwagterstelsel met twee leeuwagters van stapel gestuur. Sedertdien het hulle tot 16 uitgebrei – agt elk senior en junior leeuwagters.

Die leeuwagters se werk is goud werd, met hul urelange patrollies in die warm son bedags of snags in die koue. Hulle monitor leeus met nekbande se bewegings en gee vroeë waarskuwings aan die gemeenskappe indien leeus in die omtrek is.

Volgens Hoth is die leeuwagters aanvanklik in sekere probleemgebiede oos van die Grootberg in ’n radius van 300 vierkante kilometer geplaas om heinings te patrolleer en die leeus te monitor. Hulle help ook boere om leeubestande krale te bou ter beskerming vir hul vee, maar die gemeenskappe moet self die krale onderhou en herstel.

“Leeus jag sekere tye en boere moet hul vee snags in krale hou. Bedags moet veewagters die vee oppas,” sê Hoth.

Eintlik is mens-dier-konflik die mandaat van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, maar “die gebiede is reusagtig en konflikprobleme het te veel geword”.

Die jarelange droogte het mens-dier-konflik boonop vererger.

Olifante drink die damme leeg, beskadig dit en dan is daar nie water vir vee en mense is nie. Die gemeenskappe moet self diesel voorsien om water vir wild en vee te pomp.

Vir Hoth is karnivoorbewaring en gemeenskapsteun ewe belangrik – veral dat gemeenskappe en wilde diere saam ’n bestaan kan maak.

BOERE VERTEL

Op die kommunale plaas Marienhöhe noord van Kamanjab boer me. Petrina Tjavira (69) en haar 26-jarige seun Mbatata. Hulle het 49 beeste, 38 skape en 18 bokke. Haar Brahmaanbeeste lyk nes haar Herero-rok pragtig.

Die Tjaviras vertel sedert 2014 het hulle 200 beeste weens die droogte verloor en nie juis droogtehulp van die regering ontvang nie.

Vanaf 2012 tot 2019 is 44 van hul beeste deur leeus afgemaai, teenoor verlede jaar se slegs vyf.

Hulle waardeer dat NLT hulle waarsku as daar leeus in die omgewing is om hul vee te beskerm, “maar al die leeus is nie met nekbande toegerus nie.”

Die Tjaviras sê hulle laat gaan nie hul vee voor tienuur soggens uit die kraal uit nie en voor sonsondergang is die vee veilig terug in die kraal. Hulle sal ook hul kraal opgradeer om hul vee beter teen leeus te beskerm.

’n Entjie weg op Marienhöhe staan mnr. Frederick Clay met sy rasta-lokke wat onder sy gebreide mus uitloer, trots by sy bokkraal met slegs nege bokke oor.

Hy sê hy het die draad van die kraal by Hoth gebedel en doringtakke rondom gepak om sy bokke teen leeus te beskerm.

Elf van sy bokke is boonop in 2015 gekonfiskeer toe dit anderkant die rooilyn gewei het. Hy het ook twee honde gehad wat sy vee opgepas het, “maar hulle is ongelukkig deur die leeus gevang”.

LIGTE SKRIK LEEUS AF

Clay wys trots die sonkragaangedrewe ligte gemonteer op die kraal, wat hy by NLT gekry het en wat snags flikker om die leeus af te skrik.

“Die ligte werk baie goed. Die leeus is skrikkerig om tot by die kraal te kom; ek sien net soggens die leeuspore so 50 meter van die kraal af,” vertel Clay.

“Teen die olifante kan ons niks doen nie; ons moet net sorg dat hulle water kry.”

Die wit kartonborde wat hy ook op die kraal gemonteer het, skrik volgens Clay die grootvoete af: “Olifante hou nie van wit nie.”

Clay vertel van hul jarelange waterprobleme: “Ons sukkel om ’n nuwe boorgat by die regering te kry. Dit gooi swak water. Ons het net een enjin en moet self die diesel koop.

“Ons gemeenskap van meer as 70 mense, ons vee, die leeus, olifante, kameelperde en ander wild moet almal saam water drink.”

Clay sê hulle het ook nie ’n dam nie, want hul dam is deur olifante beskadig.

“Ons het by die regering gevra vir ’n nuwe dam. Tot vandag toe het ons nie ’n boorgat of ’n dam nie.”

Die gemeenskap het slegs ’n 5 000 liter-watertenk. “As die olifante nie water kry nie, raak hulle aggressief en dis wanneer hulle tot by ons huise kom en amok maak,” verduidelik Clay.

Hy sê buiten ’n “bietjie mieliemeel en kookolie verlede jaar” het hulle nog geen droogtehulp van die regering ontvang nie.

Nog ’n inwoner, mnr. Gideon Tjanda, kom na Hoth aangehardloop met sy stukkende sonkraglig wat vervang moet word.

HERSTEL VAN HEINING

Hy en Clay hoop om onder die vier mense in hul bewaringsgebied te wees wat kan help om die heining van die Hobatere-toerismekonsessie te herstel.

Die draad en toerusting is reeds deur die omgewingsministerie afgelaai.

Volgens ’n lid van die #Khoadi //Hoas- kommunale bewaringsgebied se Hobatere-liga, me. Vanessa Doeses, sal vier mense elk uit dié bewaringsgebied en die Ohaveripuka-bewaringsgebied aangestel word om die heining van Hobatere te herstel.

Die Hobatere-toerismekonsessiegebied word deur die bewaringsgebiede van #Khoadi //Hoas en Ohaveripuka gedeel.

“Sodra die heining herstel is, sal ons leeuprobleme aansienlik verminder,” het Doeses gesê.

Sy sê haar bewaringsgebied is ook baie streng om nie sommer net vergoeding weens mens-dier-konflik uit te betaal nie.

“As ’n boer nie saans sy vee in die kraal sit nie, kan hy nie vir vergoeding eis nie.”

Doeses bly op die Quo Vadis- kommunale plaas waar NLT ook ’n kraal ter beskerming teen leeus opgerig het, maar die gemeenskap het saad in die hande gekry en ’n groente- en vrugtetuin aangelê waarop hulle baie trots is.

Hulle spog ook met ’n beskermingsmuur om hul waterpunte, maar hoop op die beloftes van hul raadslid vir ’n sonkragdompelpomp.

Die gemeenskap se grootste klagte is dat hulle nie selfoonopvangs het nie. Veral tydens die sluiting van skole tydens die Covid-19-pandemie toe onderrig slegs aanlyn aangebied is, het hul kinders geen onderrig ontvang nie.

By Hobatere Lodge vertel Hoaës tydens die pandemie ontvangs hulle slegs enkele buitelandse toeriste en moet op plaaslike toeriste staatmaak.

Die lodge se hooftrekpleister is die sowat 12 leeus in die Hobatere-gebied.

“Vir ons personeel is die beskerming en oorlewing van ons leeus uiters belangrik. Die kommunikasie van NLT help ons om te weet waar ons leeus is,” verduidelik Hoaës.

“Ons in Hobatere is een groot familie wat ons leeus ten alle koste beskerm, selfs al maak hulle moeilikheid op plaasgrond. Ons maak ons families op plase bewus van hoe om saam met leeus te lewe,” sluit Hoaës af.

Besoek NLT se webtuiste by www.namibianliontrust.org.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.61 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.49 | USD to KES 131 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72999.63 Down -2.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1520.5 Down -2.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13362.33 Down -0.08% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29400.84 Down -0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.65/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.28/lb DOWN -0.0157 | Zinc US$ 2 778.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 90.27/BBP DOWN -0.0051 | Platinum US$ 958.66/OZ DOWN -0.014 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Weather: Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.61 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.49 | USD to KES 131 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72999.63 Down -2.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1520.5 Down -2.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13362.33 Down -0.08% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29400.84 Down -0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.65/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.28/lb DOWN -0.0157 | Zinc US$ 2 778.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 90.27/BBP DOWN -0.0051 | Platinum US$ 958.66/OZ DOWN -0.014