u2019n Huldeblyk aan jou
u2019n Huldeblyk aan jou

’n Huldeblyk aan jou

[email protected]
Kristien Kruger
Met die nadenke van Heldedag wat nog in my kop draai, het ek die konsep begin heroorweeg. Wie is nou werklik die helde? Is dit net die vryheidsvegters van destyds? Die leiers van ons land? Of is dit dalk, net dalk, ek en jy?

In ons aangepaste wêreld waar ons nog met daaglikse kommer die nuwe Covid-leefwyse probeer aanvaar, dink ek het die kollig verskuif. Die handjievol helde van die verlede sal moet opskuif, plek maak vir ’n nasie.

Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ons leiers bestuur, delegeer en beplan. Ons polisie patrolleer, reguleer en beskerm. Hulle doen ’n belangrike werk.

Ons dokters red, beveg en behandel. Hulle kies om hul gesondheid op die spel te plaas ten gunste van ander mense se welstand. Vir ander mense se lewens. Inderdaad ’n heldedaad.

Buiten die ooglopende, dink ek egter skuil meer onder die laag van bewondering en ophemeling. My gedagtes dwaal na jou.

Jy wat tuis werk teen ’n minimale salaris. Die Zoom-gesprekke waar almal bo-oor mekaar praat, dan skielik stilbly en dan die 10 sekondes van stilte voor twee mense weer gelyktydig begin praat. Ek dink aan jou wat nooit die “unmute” knoppie betyds kan druk nie – dis te sê as jy onthou om hom te druk – en nét wanneer jy die tegnologie onder beheer het, begin jou honde in die agtergrond te kere gaan.

Ek dink aan jou, die mamma. Jy wat voltyds jou kleintjies moet besig hou wat nie verstaan hoekom hulle nie hul maatjies kan sien nie. Jy wat help met skoollessies terwyl jy steeds elke maand skoolfonds betaal.

Leerlinge wat smag na skoolbanke, pousebrood en klas bank. Jy wat in verveeldheid tuisbly en selfs na jou aaklige skooldrag verlang. Die samesyn en opwinding van kreet sing by rugbywedstryde. Die vinnige geselsies tussen klasse en skelm aanstuur-liefdesbriewe.

Ek dink aan jou wat ’n deel van die beste, sorgvrye jare van jou lewe mis.

Ek dink aan jou – die roekelose student wat verlang na oggendure se wegneemetes en brandewyn-specials. Die koshuiskamerkuiers, aksies en skakels. Die laatnagte in die bib en die goedkoop kos.

En jy wat braaf en kreatief genoeg is om alternatiewe inkomste te verwerk. Ek dink aan die mense wat hul vernaamheid ter syde stel en die vrymoedigheid neem om hul besittings te verkoop, want ons almal kort die ekstra geldjie.

Ek dink aan jou wat positief getoets het.

Jy wat jou dollars versigtiger aftel.

Jy wat jou familielede moet begrawe.

Julle is die helde.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!