’n Holte vir Namib-reisigers se voet
By die Namib Garage op Aus word na al reisigers se behoeftes omgesien.
Ronelle Rademeyer - Hoewel Aus op die oog af soos ’n gehuggie lyk waar daar nie veel gebeur nie, hoef jy net ’n uur of wat op die stoep by die bekende Bahnhof Hotel te sit om te weet hierdie nedersetting is in Namib-terme ’n bésige plek.
Min individuele reisigers of toergroepe se reisplanne sluit nie ’n stop op Aus in nie: Dikwels om oor te slaap, maar ook vir brandstof, om seker te maak voertuie en motorfietse se bande is nog tiptop en om voorrade vir die volgende skof te kry.
Daarom is die Namib Garage van die Prinsloos die hartklop van die dorp. Hier kan reisigers na al die voorgenoemde behoeftes omsien.
Wim en Elize Prinsloo, oorspronklik van Suid-Afrika, het die Namib Garage in 1994 gekoop. Tien jaar later het hul seun, Steve, en skoondogter, Karin, dit by hulle oorgekoop.
Hierdie onderneming is egter veel meer as net ’n vulstasie. Dit bestaan ook uit ’n algemene handelaar, inligtingsentrum vir toeriste, teetuin, ’n kiosk waar wegneemetes soos Karin se heerlike tuisgemaakte wildspasteie beskikbaar is, goed ingerigte selfsorgkamers en kampeerplekke.
Daarbenewens bied hulle ook insleepdienste vir stukkende voertuie en hou ’n groot voorraad nuwe bande en smeermiddels aan.
Terwyl die Suiderland-span met Karin oor hulle “alles in een”-onderneming gesels, dreun ’n klomp motorfietsryers die dorp binne en kom stop by die Namib Garage.
Moeg klim hulle van hul ysterperde af, strek ’n paar keer hul lywe reguit en peil dan op die winkel af. “Can we order espressos, please,” vra ’n vrou met ’n aksent wat Italiaans klink.
Karin verskoon haarself en verdwyn na die kombuis om die bestelling voor te berei.
In die winkel word die nodigste kruideniersware, asook curios en items soos klere en hoede verkoop.
Daarbenewens bied die Namib Garage ook goed toegeruste selfsorgkamers met en suite-badkamers, lugversorging en grootskerm-TV’s. Dit beskik ook oor kampeerplekke met netjiese ablusiegeriewe.
As jy die Namib Garage op Aus wil deel maak van jou reisplanne, kontak die Prinsloos by 063 258 029.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie