'n Goeie begin vir kinders
Henriette Lamprecht
'n Verslag wat op die behoeftebepalings van sentrums vir vroeë kinderontwikkeling (ECD) fokus wat onder meer 'n gebrek aan hulpbronne het, is in die noorde van Namibië bekend gestel.
Die nuwe studie het die faktore volledig ontleed wat die groei en ontwikkeling van kinders onder agt jaar affekteer in terme van gesondheid en higiëne, hul fisieke en emosionele omgewings tuis en binne gemeenskappe.
Volgens 'n verklaring deur die Verenigde Nasies (VN) se kinderfonds in Namibië, Unicef, is die studie deur die Masida ECD-sentrum in die Linyanti-kiesafdeling van die Zambezistreek bekend gestel.
Die studie fokus op 32 ECD-sentrums dwarsoor agt streke van die land: die Hardap-, Kavango-Wes-, Kavango-Oos-, Kunene-, Ohangwena-, Omusati-, Otjozondjupa- en Zambezistreek.
Die studie toon duidelik dat beide menslike en finansiële beperkinge die voorsiening van noodsaaklike dienste aan kinders kniehalter vóór hulle formele onderwys betree.
Ten spyte van dié beperkinge dien ECD-sentrums egter steeds as 'n plek waar kinders kan leer en ontwikkel en aan die onderrigstelsel blootgestel word.
Hoewel reusegapings bestaan by alle geriewe wat by die opname betrek is, sonder die studie ECD-versorgers se passie en toewyding aan die kognitiewe en maatskaplike ontwikkeling van kinders uit.
Die verslag stel voor dat die ministeries van gesondheid en maatskaplike dienste, geslagsgelykheid en kinderwelsyn, sowel as onderwys, kuns en kultuur moet saamwerk om slim vennootskappe te sluit wat in al die behoeftes van Namibiese kinders voorsien.
Dit sê die bevordering van toegang tot voorskoolse dienste in landelike gebiede, die prioritisering van vroeë kinderontwikkeling en 'n veilige omgewing is voorvereistes vir 'n kind se gesondheid, produktiwiteit en onderrig, en vir beter werksgeleenthede later in sy of haar lewe.
Die verslag sê gemeenskappe moet bewus wees van ECD-sentrums se behoeftes en moet aangemoedig word om die sentrums se dienste en geriewe te verbeter.
Met verwysing na die verbetering van dienste identifiseer die studie verskeie gebiede waar dienslewering en kapasiteitsbou verbeter kan word.
Dit sluit onder meer geïntegreerde ingrypings vir kinders onder agt jaar in om die siklus van armoede en geweld, maatskaplike uitsluiting en 'n gebrek aan skoolgereedheid te takel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie