Nu00f3u00fa gaan Blitsbokke tu00eakkel
Nu00f3u00fa gaan Blitsbokke tu00eakkel

Nóú gaan Blitsbokke têkkel

Sewesrugby
Leighton Koopman - Die Springbok-sewesspan wil met rotsvaste verdediging seker maak dat hulle 'n beker of twee wen in Wêreldrugby se sewes­toernooie in Australasië wat komende naweek begin.

Die Blitsbokke sal die naweek in Hamilton, Nieu-Seeland, die eerste kans kry om te wys dat hul ietwat triestige verdediging van verlede jaar iets van die verlede is en dat hulle in hul voorbereiding vir dié toernooi daadwerklik aandag aan verdediging gegee het.

Die Blitse het derde in Kaapstad geëindig, maar swak individuele verdediging teen Nieu-Seeland en Fidji het hulle duur te staan gekom in dié toernooi.

Die statistiek van Wêreld­rugby wys egter dat die Blitse in Werner Kok en die kaptein, Philip Snyman, twee van die voorste verdedigers in die reeks het.

Tog het Neil Powell, die Blitsbok-afrigter, aan Rapport gesê daar is sedert die Kaapstad-sewes hard aan hul verdediging in spanverband gewerk om dit weer op die vlak te kry wat hulle voorheen gehandhaaf het.

“Ons het nog te maklik drieë afgestaan in Kaapstad en ons wil dit regstel,” het Powell gesê.

“Veral met daardie drieë teen Fidji en Nieu-Seeland. As ons 'n rapsie beter speel as in Kaapstad, sal ek gelukkig wees met die span se vertoning.”

Powell sê hy het ook nie nodig gehad om sy spelers te motiveer toe hulle van hul vakansie teruggekom het nie. Volgens hom weet die span dat hy nie presteer het in die eerste twee toernooie soos hy kan nie. Dit het die spelers gretig gemaak om terug op die veld te kom.

Behalwe vir Cecil Afrika en Mfundo Ndhlovu wat beseer is, en Rosko Specman wat na die Bulle geskuif het, het Powell 'n volsterkte groep gehad waaruit hy kon kies.

“Die ouens wil wys waartoe die span in staat is. Wat ek in Hamilton wil sien, is dat hulle wys hulle kan beter doen as in Kaapstad. As ons moont­lik beter gedoen het in Kaapstad, sou dit dalk die ouens 'n bietjie vals sekuriteit gegee het voor die volgende toernooi.

“Ons het egter nog baie om aan te werk as 'n span. As ons beter in Kaapstad gevaar het, sou ons dalk gevoel het daar is sekere goed in ons spel waaraan ons nie hoef aandag te gee nie. Die nederlae het ons ekstra motivering gegee om 'n bietjie dieper na onsself te kyk.”

Die veelsydige Stedman Gans vervang Ndhlovu in die span nadat laasgenoemde aanvanklik ingesluit is, maar toe 'n besering opgedoen het.

Selvyn Davids het ook van 'n besering herstel en vervang vir Specman. Die strydros Chris Dry is ook terug in die span nadat hy heeltemal van 'n besering herstel het.

“Ek is teleurgesteld vir Mfundo. Hy wys potensiaal en ek bly dit sê, maar hy kom net nie daarby uit om 'n regverdige kans te kry nie. So ek is hartseer vir sy onthalwe ook. Hy het hard gewerk sedert 'n besering verlede jaar en goed vertoon in Dubai (vir die Blitse se uitnodigingspan).

“Hy het daardie vernuf om spanne te verras op die aanval, veral met sy voetwerk en sy manier van speel. Ek wou hom toets in die Wêreldreeks.”

Die Blitsbokke pak Kenia (23:22, Vrydag), Frankryk (Saterdag, 03:10) en Skotland (07:22) in die groepfase in Hamilton.

Die Suid-Afrikaners is oorgehaal om te vergoed die stadige begin wat hulle in die seisoen se reeks gehad het.

Die Springbok-sewes­span vir Hamilton: Chris Dry, Philip Snyman (k), Impi Visser, Zain Davids, Werner Kok, Kyle Brown, Branco du Preez, Selvyn Davids, Justin Geduld, Dewald Human, Siviwe Soyizwapi, Stedman Gans. Plaasvervanger: JC Pretorius.

- Rapport

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.93/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.56/lb UP +1.01% | Zinc US$ 2 899.90/T UP 1.6% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.76/OZ DOWN -0.0023 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.93/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.56/lb UP +1.01% | Zinc US$ 2 899.90/T UP 1.6% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.76/OZ DOWN -0.0023