‘n Eeu se passie vir Namibië, sy mense

Nie deur mislukkings ontmoedig

21 October 2019 | Gebeure
Hoofredaksie – Vandag, presies ‘n honderd jaar gelede, was daar ‘n advertensie in Republikein se susterkoerant Allgemeine Zeitung, wat die stigting van Ohlthaver & List in die hedendaagse Namibië aangekondig het.

‘n Eeu later verskaf dié Namibiese gediversifiseerde reus werk aan meer as 6 200 mense in verskillende sektore en tel suksesverhale soos Namibia Breweries, Namibia Dairies, Hangana, Broll Namibia, Wernhil en O&L Leisure Hotels and Lodges onder die groep se maatskappye.

“Ons het dit als beleef – sukses en mislukkings, hoogte- én laagtepunte, vieringe en krisisse, álles. Maar die een ding wat ons nooit gedoen het nie was tou opgooi,” het mnr. Sven Thieme, uitvoerende voorsitter van die O&L-groep, Woensdagaand tydens ‘n glansdinee ter viering van die jongste mylpaal in Windhoek gesê.

Thieme het die O&L-leisels in 2002 by sy oupa, wyle mnr. Werner List, oorgeneem. List het in 1964 die bestuur by die medestigter van die groep, Carl List, oorgeneem.

Volgens Thieme lê O&L se wenresep in sy mense: Hul “go-getter”-houding, hul geloof in mekaar en hul toewyding aan die groep, hul families en gemeenskap en hul “pragtige land”.

“Ons werknemers – ons kosbaarste bate – was nog altyd ons krag en die ruggraat van ons maatskappy,” het hy gesê.

Die afgelope eeu het O&L met ywer en passie, doelgerig, as ‘n eenheid en onverpoos sy teiken, “Creating a future, enhancing life”, nagejaag.

Vir O&L lê nog baie verjaardae, baie suksesverhale en baie prestasies voor, het Thieme gesê. Diegene wat groot droom, bereik groot hoogtes.

“Kom ons stop onsself nie om te droom nie. Kom ons wees nie met minder tevrede nie. Kom ons beperk onsself nie tot die konvensionele nie en kom ons laat nie toe dat mislukkings ons ontmoedig nie,” was Thieme se boodskap.

Gelukwensinge

Veteraanbesighede in Namibië het O&L met sy verjaardag gelukgewens.

“As een van die oudste maatskappye in Namibië wat steeds vandag bestaan, wil ons by Wecke & Voigts die List-familie, bestuur en werknemers van die hele O&L-groep met sy 100ste verjaardag gelukwens,” het me. Adriane Jandrell, ‘n direkteur van Wecke & Voigts, gesê.

Dit is ‘n groot prestasie vir almal en Wecke & Voigts wens O&L net die beste vir die volgende eeu toe. “Mag ons almal vir nog baie jare in pragtige Namibië floreer,” het Jandrell gesê.

Mnr. Jesko Woermann, besturende direkteur van Woermann Brock, het O&L se eeu as ‘n “fantastiese prestasie” beskryf.

“WB sal voortgaan en kragte met plaaslike maatskappye saamsnoer om ‘n wonderlike toekoms vir Namibië te bou,” het Woermann gesê.

“Van een leier aan ‘n ander, baie geluk,” was mnr. Ekkerd van Wyk, besturende direkteur van Pupkewitz Motors, se boodskap.

Pupkewitz Megabuild het ook geluk gesê.

“Ons wens julle voortgesette sukses met die viering van dié merkwaardige mylpaal.”

Die Metje + Zeigler-groep se gelukwensinge het ‘n boodskap van waardering vir hul sakeverhouding met O&L ingesluit.

Soortgelyk

 

Twee 'renosterstropers' verskyn in Gobabis-hof

1 uur gelede | Howe

Twee vermeende renosterstropers het vandag in die landdroshof op Gobabis verskyn.Mnre. Alberto Mbwale en Joseph Matheus het op klagte van die onwettige jag van spesiaal...

Pastoor Babi steeds agter tralies

4 ure gelede | Howe

Pastoor Jackson Babi (30) van die House of Joy Ministries en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni (25), bly steeds agter tralies.Landdros Linus Samunzela het vanoggend...

25ste Covid-19-geval bevestig

6 ure gelede | Gesondheid

'n Vroulike gesondheidswerker (32) is Namibië se jongste Covid-19-geval. Dit bring die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in Namibië op 25 te staan. Volgens die minister van...

Hof hoor president is 'mislei' oor arbeidsregulasies

17 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Pres. Hage Geingob is “verkeerd geadviseer” met die opstel van die gewraakte arbeidsregulasies waarvan die grondwetlikheid Vrydag in die hoërhof deur Namibiese...

Namibiërs in haglike omstandighede onder SA-kwarantyn

17 ure gelede | Gesondheid

Twee vroue van Windhoek en die een se 16-jarige dogter meen die vervalle staatshospitaal by Nababeep naby Springbok in die Noord-Kaap waar hulle in kwarantyn...

'Profeet' Babi se borgaansoek vandag

17 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die bekende, charismatiese en selferkende profeet van die House of Joy Ministries, pastoor Jackson Babi (30), en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni,...

Twee bemanningslede positief vir Covid-19

17 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht & Leandrea Louw – Walvisbaai huisves tans drie aktiewe gevalle van Covid-19 ná ‘n 51-jarige man Saterdag positief vir die virussiekte getoets het....

Fishrot-manne skarrel vir borgtog

17 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – Die Windhoek-landdroshof het Vrydag met verskeie Fishrot-sake gewemel, met borgtogaansoeke wat met aansoeke vir die verlenging van tyd vir verdere ondersoek, meegeding...

Weer, Maandag 1 Junie 2020

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Zambezi- en Kavangostreek. Elders sonnig en warm tot baie warm. Winderige weer sal oor die binneland heers....