’n Eerste vir die land

01 April 2019 | Vervoer
SWA Safaris Namibia het twee splinternuwe busse van Hannic Motors in Windhoek aangekoop. Die voertuie is spesiaal vir die toerismebedryf en Afrika se grondpaaie gebou.

Volgens mnr. Xing Ru Zhang is hul masjiene en die onderstel spesiaal ontwerp om op grondpaaie te kan ry.

“Dit is die eerste Zhongtong-busse wat in Namibië verkoop is. Hulle is reeds die afgelope 20 jaar op die paaie van Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe,” het hy gesê.

Standaard in elke bus is kragstuur, dubbele lugversorging, selfoonkragproppe by passasiersitplekke, ’n yskas, twee spaarbande en ’n radio.

Volgens mnr. Wilfried Sentefol, die besturende direkteur van SWA Safaris Namibia, is dit die eerste busse wat hulle direk ingevoer het.

“Die ander busse in ons besit is almal in Suid-Afrika aanmekaargesit. Om hulle direk in te voer, is baie goedkoper - dit kos die helfte minder as die ander busse,” het hy gesê.

Onderdele vir die Zhongtong-busse is by Hannic Motors beskikbaar wat ook gekwalifiseerde motorwerktuigkundiges in diens het.

Soortgelyk

 

Twee 'renosterstropers' verskyn in Gobabis-hof

1 uur gelede | Howe

Twee vermeende renosterstropers het vandag in die landdroshof op Gobabis verskyn.Mnre. Alberto Mbwale en Joseph Matheus het op klagte van die onwettige jag van spesiaal...

Pastoor Babi steeds agter tralies

4 ure gelede | Howe

Pastoor Jackson Babi (30) van die House of Joy Ministries en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni (25), bly steeds agter tralies.Landdros Linus Samunzela het vanoggend...

25ste Covid-19-geval bevestig

6 ure gelede | Gesondheid

'n Vroulike gesondheidswerker (32) is Namibië se jongste Covid-19-geval. Dit bring die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in Namibië op 25 te staan. Volgens die minister van...

Hof hoor president is 'mislei' oor arbeidsregulasies

17 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Pres. Hage Geingob is “verkeerd geadviseer” met die opstel van die gewraakte arbeidsregulasies waarvan die grondwetlikheid Vrydag in die hoërhof deur Namibiese...

Namibiërs in haglike omstandighede onder SA-kwarantyn

17 ure gelede | Gesondheid

Twee vroue van Windhoek en die een se 16-jarige dogter meen die vervalle staatshospitaal by Nababeep naby Springbok in die Noord-Kaap waar hulle in kwarantyn...

'Profeet' Babi se borgaansoek vandag

17 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die bekende, charismatiese en selferkende profeet van die House of Joy Ministries, pastoor Jackson Babi (30), en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni,...

Twee bemanningslede positief vir Covid-19

17 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht & Leandrea Louw – Walvisbaai huisves tans drie aktiewe gevalle van Covid-19 ná ‘n 51-jarige man Saterdag positief vir die virussiekte getoets het....

Fishrot-manne skarrel vir borgtog

17 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – Die Windhoek-landdroshof het Vrydag met verskeie Fishrot-sake gewemel, met borgtogaansoeke wat met aansoeke vir die verlenging van tyd vir verdere ondersoek, meegeding...

Weer, Maandag 1 Junie 2020

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Zambezi- en Kavangostreek. Elders sonnig en warm tot baie warm. Winderige weer sal oor die binneland heers....