’n Druppel in die emmer

‘n Saloneienaar van Gobabis se waterpunte langs die pad help om diere se dors in die droogte te les.
Tanja Bause
Tanja Bause - Vierkantige rooi lappe het onlangs hul verskyning teen die bome langs die hoofpad tussen Windhoek en Gobabis gemaak.

Onder die bome staan rooi plastiekbakke vol water vir dors diere.

Loritzma van Zyl (28) van Gobabis, eienaar van Salon Loritzma Immergroen, is vir dié inisiatief verantwoordelik.

Die meeste van haar kliënte is boervroue, en deur gesprekke met hulle het Loritzma vinnig besef hoe groot die impak van die droogte regtig op mens en dier is.

“Met elke gesprek kon ek hoor hoe hard die droogte knou. Saam het ons gehuil, planne gemaak en op reën vertrou. Die finale besluit dat ek iets moet doen om te help, was een oggend toe ’n boer sy vrou kom oplaai en ons kans kry om bietjie oor ’n koppie koffie te gesels. Om so ’n groot man, vir my ’n ‘oom’ em ’n boer, te sien huil oor sy grond en sy diere, was die grootste dryfkrag agter alles. Daar het die saad reeds op my hart se nat grond geval,” sê sy.

Sowat ’n maand gelede was Loritzma van Windhoek af op pad terug Gobabis toe toe sy by vyf dooie bokke en ’n dooie perd verbyry.

Sy moes by ’n piekniekplek van die pad aftrek omdat sy nie die deur haar trane kon sien nie, sê sy.

“Dit het my so magteloos laat voel. Ek kan my net indink hoe voel ’n boer wat hierdie gesig daagliks sien en hanteer.”

Waar sy in haar kar gesit het, het sy voëltjies op soek na kos en water gesien.

“Ek het ’n plastiekbak by my gehad en dit op die tafel neergesit en vol water vir die voëltjies gemaak, en verder gery. Sowat 20 km anderkant Witvlei het dit my met ’n bang getref: Dís wat ek kan doen. Ek kan waterpunte vir diere langs die pad begin. Dís waar die plan met die rooi waterbakke by bome en die rooi lap begin het,” sê sy.

Op 22 November is die eerste vyf waterpunte sowat 35 km voor die Internasionale Lughawe Hosea Kutako opgestel.

“Die bome by dié waterpunte het net rooi lint om gehad, maar ons het intussen besluit om lap te gebruik om dit duideliker sigbaar te maak.”

Twee dae later het sy nog 10 waterpunte tussen Witvlei en Gobabis opgestel.

Vandag is daar 15 langs die hoofpad.

“Ek doen ’n beroep op almal wat met die pad ry om asseblief met ’n 2 l-bottel vol water te ry en die bakke vol te maak en te hou. Dit vat net ’n paar minute uit jou reis, en dit kan ’n dier se lewe red,” sê sy.

“Ek sou graag groter dele van die land van waterpunte wil voorsien, wat nie vir my moontlik is nie, maar as mense hande vat en dieselfde in hulle deel van die land doen, kan ons ’n verskil maak.”

Een van Loritzma se kliënte het haar gekontak en opgewonde vertel hy het ’n klein bokkie by ’n waterpunt gesien.

“Ek het ook gehoor vlakvarke is by ’n waterpunt gesien; toe het ek geweet dit werk.”

Intussen het mense in ander dele van die land ook waterpunte langs die pad begin opstel.

Ook in Windhoek is al waterpunte geskep.

“Almal hier ken Loritzma as iemand wat altyd lag, hard werk en vir ander omgee. Sy is op so ’n jong ouderdom vir baie ander mense ’n voorbeeld van nederigheid, opregtheid, doelgerigtheid, behulpsaamheid en liefde vir haar naaste. Boonop is sy ’n suksesvolle sakevrou,” sê ’n vriendin.

Met die opstel van die tweede ronde waterpunte tussen Gobabis en Witvlei het Loritzma se pad Ben die beesoppasser s’n gekruis.

“Ek het hom daar langs die pad met ’n klein troppie beeste sien sit. Ek stop toe en vra hom of dit sy bees is, en hy antwoord: ‘Nee mevroutjie, dis my boer se bees.’ Hy is so trots op sy werk en het ook gevra hy wil die waterbak graag self volmaak, want die droogte druk swaar op sy hart. Dankie, ou Ben, vir jou bydrae en hulp vir jou omgewing en sy diere. Dis mense soos jy en al dié wat waterbakke volmaak en nog opsit, wat Namibië so ’n spesiale land maak,” sê Loritzma.

Kompetisie

Die waterpuntprojek is nie die eerste projek wat Loritzma ter ondersteuning van boere in die droogte van stapel gestuur het nie.

“Ek het besef ek het ’n hele klomp ekstra masseertoerusting van oorsee af bestel, en dit kan my help om ’n kompetisie te hou waarmee ek die droogtehulpfonds finansieel kan ondersteun.”

Kaartjies kos N$120 en ’n gelukstrekking sal op 31 Januarie gehou word.

“Die eerste prys is ’n alles-in-een voetmasseermasjien, wat van onder die voet tot bo by die knieë masseer. Die tweede prys is ’n refleksologie-masseermasjien wat op al die senupunte onder jou voete werk, en die derde prys is ’n masseerder wat die liggaam se bloedsomloop verbeter.”

Skakel Loritzma by 081 386 2544 of Loraine by 081 427 6251 om kaartjies te koop.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.49 | EUR to NAD 20.16 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 345.75/OZ UP +0.65% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.76% | Zinc US$ 2 879.10/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 89.41/BBP UP +0.58% | Platinum US$ 911.90/OZ DOWN -0.0044 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.49 | EUR to NAD 20.16 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 345.75/OZ UP +0.65% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.76% | Zinc US$ 2 879.10/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 89.41/BBP UP +0.58% | Platinum US$ 911.90/OZ DOWN -0.0044