u2019n Bietjie omsigtigheid gaan ver
u2019n Bietjie omsigtigheid gaan ver

’n Bietjie omsigtigheid gaan ver

Catherine Sasman
Toe iemand my onlangs vertel oor sy interaksie met ’n Chinese belegger het ek weer besef hoe ons op ons hoede moet wees as ons met buitelandse beleggers te doen het.

Die storie loop só: Namibiërs wil ’n groot, tamaaie landbou-ontwikkelingsprojek in die verre Noorde begin.

Dit kos baie geld en hulle is op soek na internasionale beleggers, want pensioenfondse word gedwing om geld in ander “beleggings” soos regeringskuld te pomp, en banke is moeg geleen.

Hoe die Chinese belegger in kontak gekom het met dié Namibiërs is nie duidelik nie, maar die Chinees maak toe dié voorstel: Ek kry ’n lening van US$392 miljoen van ’n Chinese bank. Jy kry die Namibiese regering om borg daarvoor te staan.

Ek kry die grond waarop julle die akkerbou-projek wil doen. Ek bring die bouers in wat enige bouwerk sal doen wat gedoen moet word. Ek vat die projek oor. Julle staan opsy. En siedaar, die projek is myne, vir (Chinese) volk en vaderland.

Dankie, maar nee dankie, sê die Namibiërs toe tereg. Hierdie is ons land en hier gaan ons self werk aan ons eie projek.

Hoewel hierdie Namibiërs vasgeskop het, vermoed ek tog daar is baie sulke tipe aanbiedinge waar ander hul oë toeknyp, die geld vat en hardloop, terwyl die Chinese die projekte oorneem.

Hoe dit ook al sy, die Chinese lyk of hulle hulself goed in die land se sake ingewikkel het.

Dít het ek weer eens besef toe ’n paar Chinese aan die Swapo-verkiesingsveldtog motorfiets-stunt deelgeneem het, en toe hulle gevra word of hulle Swapo-lede is, baie opgewonde “ja-ja” geantwoord het.

Die algemene houding van die Chinese hier word natuurlik verwoord deur die Chinese ambassade in Windhoek.

In Junie het die ambassade ’n nuuskonferensie gehad. So teen die einde van die baie lang konferensie, en toe dit lyk ons as media begin oppak, sê-vra ambassadeur Yiming Zhang: “Hoekom word die Chinese so negatief in die media uitgebeeld? Is dit omdat dit verkiesing is?”

Soos dikwels wanneer mense iets baie vreemds en onverwags sê, weet ek nie altyd hoe om onmiddellik op te tree nie, en het toe nie uitgevra wat die ambassadeur dan nou eintlik daarmee bedoel nie.

Maar toe die Chinese by die Swapo-vergadering op motorfietse aangery kom, besef ek dat ek die ambassadeur seker bietjie moet pols oor wat hy wel bedoel het.

Ek stuur toe vrae amptelik aan die ambassade. Wat het die ambassadeur daarby bedoel? Wat dink die ambassadeur het die Chinese met Namibië se verkiesings uit te waai?

Tjoepstil bly die ambassade. Later lewer die kampvegter vir menseregte, Phil ya Nangoloh, kommentaar dat daar “omstandigheidsgetuienis” is dat die Chinese en die ambassade “baie in Swapo-politiek betrokke is”.

Ya Nangoloh noem toe ook dat Chinese burgers, insluitend Chinese staatsamptenare, nie skroom om Swapo-kleure na Swapo-aktiwiteite te dra nie.

En dít ondanks die feit dat China gereeld sy buitelandse beleidsevangelie van nie-inmenging verkondig, iets wat blykbaar musiek in die ore van outokrate en oligarge is.

Ek stuur toe weer vrae aan die Chinese ambassade. Wat het die ambassade hiéroor te sê?

En toe die ambassade weer tjoepstil word, bel ek die kontak daar en vra, nou hoe dan? Het julle iets te sê?

“Why you want to know?” was die antwoord wat ek tot dusver – langer as ’n maand gelede – gekry het.

Ek onthou toe ’n onderhoud wat ek in 2008 met die destydse eerste sekretaris vir ekonomie van die ambassade gehad het.

So met die uitstap ná die onderhoud vra ek hom: “Hoekom stel China in Namibië belang?”

Hy antwoord: “As ’n land nie weet wat om met sy bronne te doen nie, het ’n ander land die reg om dit op te eien.”

En daar het julle dit, liewe Namibiërs.

Julle weet skynbaar nie wat om met jul land te maak nie.

En daarom het iemand anders ’n reg daarop. Punt. Schluss. Finish en klaar. Kapish?

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026