’n Ander wêreld op die maat van klank

Lloyd Zandberg
Lloyd Zandberg - Sy giggel ietwat toe ek haar vra of English haar regte van is.

Deesdae kies kunstenaars sommer vir hulle ‘n naam. Iets wat uitheems of anders klink.

“Ja,” sê sy. “My oupa het Duitse bloed. Ek vermoed dis waar die van vandaan kom. . .” Ons laat dit daar.

Monique English is selfgeleerde sanger, gebore Swakopmunder en Windhoek-inwoner. Sy het ‘n fobie vir slange en is ‘n ekstrovert wat besitlik op haar persoonlike ruimte is. Sy is dol oor kook en spog “ek is die beste kok in my familie”.

In 2016 het sy haar debuutalbum, Since 1994, uitgereik en ‘n Namibië Jaarlikse Musiektoekenning(NAMA) daarmee ingepalm. Vanjaar is Monique terug met ‘n splinternuwe album, Red.

Kollig het met haar oor haar kinderjare en die inspirasie agter haar Red-klanke gesels.

Op die ouderdom van nege het English vir die eerste keer ‘n mikrofoon opgetel, en sedertien vibreer haar stembande se vrugte oor ons die land.

“Ek het daai selfde jaar aan my eerste laerskool- Idols-kompetisie deelgeneem.”

English se pa is dood toe sy baie jonk was - toe haar tande begin wissel.

“My ma het nie weer getrou nie, en as enkelouer my en my vier sibbes.”

In 2012 het sy van haar sangopnames op Facebook gelaai, en mense het haar begin raaksien. Kort voor lank het haar stem deur die internetstrate gewaai en Deal Done Records se stoep bereik. Hulle het aanklank by haar musiek gevind en haar ‘n opnamekontrak aagebied. Dit was ‘n hoogtepunt in haar loopbaan. Vandag is sy nie meer aan hulle verbonde nie.

Ná skool het English mikrobiologie aan die Universiteit van Namibië (Unam) studeer, maar weens persoonlike redes kon sy nie die kursus voltooi nie. In 2015 het sy die grootmenswêreld betree en begin werk. Sy is vandag nog by die betrokke instansie, maar bly glo in die moontlikheid om 'n voltydse musikant te wees.

“Ek werk tans voltyds, maar skenk net soveel aandag aan my musiek.”

Wanneer sy sing, verduidelik sy, is dit asof die klanke haar na ’n ander wêreld neem.

“Dit forseer my om meer ambisieus te wees. Om jou drome te volg, is nie altyd maklik nie, maar terselfdertyd is dit nie onmoontlik nie.” ‘n Stukkie wysheid wat nie ligtelik opgeneem moet word nie.

Tydens die skryf van Red het English ‘n paar keer voor writer’s block se deur gestaan. Dis toe dat sy besluit om medeskrywers en kunstenaars in te span vir haar tweede alteljeealbum.

Die lirieke op die nuwe album handel grotendeels oor haar lewenservaringe en menswees.

“Ek glo dit maak alles meer geloofwaardig. Ons is almal mense en ons gaan deur dieselfde dinge. So, ek skryf en sing vir mense om met my musiek te kan vereenselwig en nie te voel hulle is alleen nie. “ Dit, sê sy, is die resep vir ‘n goeie liedjie of album.

Haar kreatiewe proses is anders as die konvensionele wyses van komponeer. Sy skep die melodië en lirieke, en luister dan na ander kunstenaars. Dit gee haar ‘n idee van wat sy wil hê die ritme moet doen. Wanneer liriek, melodie en ritme bymekaar kom, kry jy wat English produseer.

ROOI, ROOIER, RED

Red bestaan uit 12 snitte.

Op die album kan ander bekende musikante saam met English gehoor word. Dit sluit Space The Don, Jaleel, Alta Ouses en KP Illest in.

Die bekende Luke Goliath van Suid-Afrika is een van die vervaardigers wat op English se tweede album gewerk het.

“Daar is self ‘n verrassing op die album, maar ek wil dit nie voor die bekendstelling uitblaker nie.”

As daar iets is wat hierdie passievolle kunstenaar onderkry, is dit stres.

“As ek baie stres het, raak ek geweldig angstig. Dan skakel ek vir ‘n wyle my foon af. Ek is regtig nie goed daarmee om stres te hanteer nie. Ek is geneig om dit op mense uit te haal wat niks daarmee te doen het nie.”

Dit moet seker ‘n hengse uitdaging wees om jou werk en passie te balanseer. Hoe kry sy dit reg?

“Vir die meeste van die tyd is dit regtig moeilik. Party dae wil ek my werk bedank, maar dan besef ek dit is nie so maklik nie. Musiek gaan nie in die stadium kos op die tafel sit nie.” Hoewel sy wens dit kon so wees.

“Ek is gewoonlik so uitgeput ná ‘n dag se werk. Dit verg baie dissipline en toewyding om direk ná werk met musiek te begin.”

Haar vriende is familie is wat haar aan die gang hou en konstant inspireer.

“Niks maak my so gelukkig soos hulle nie,” sê sy, “nie eens musiek nie.”

“Dis moeilik om dit as ‘n RnB-kunstenaars in Namibië te maak. Ek wil vir alle Namibiërs vra om die RnB-kunstenaars ‘n kans te gee.”

Sy verduidelik: As hulle (RnB-kunstenaars) dit nie by die huis kan maak nie, kan hulle dit nêrens anders maak nie. Maar sodra dit gebeur, kan ons ons land oraloor die wêreld verteenwoordig.”

Die titelsnit se musiekvideo is tans op YouTube beskikbaar, en ook binnekort op ander internasionale musiekplatforms.

RED word op 29 November by El Barrio in Windhoek bekend gestel. Net ‘n beperkte aantal kaartjies is beskikbaar en kan by Monique gekoop word. Kontak haar op Facebook en Instagram.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.76 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.35/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.52/lb UP +0.24% | Zinc US$ 2 843.10/T DOWN -0.4% | Brent Crude Oil US$ 88.73/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 910.18/OZ DOWN -0.0062 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.76 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.35/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.52/lb UP +0.24% | Zinc US$ 2 843.10/T DOWN -0.4% | Brent Crude Oil US$ 88.73/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 910.18/OZ DOWN -0.0062