'n ABBA-onthou van toeka tot nou

07 September 2021 | Rubrieke
Henriette Lamprecht

Hulle sou die eerste keer mekaar as sangers in verskillende popgroepe ontmoet in die jaar toe ek gebore is. Meer as vyf dekades terug en deur die jare en verskillende lewensfases sou daar elke keer ’n liedjie wees wat met die hoor van die melodie die lirieke spontaan laat terugkom en die herinneringe van ’n sekere tyd en plek laat terugflits.

Die lirieke en wysies sou telkens met die terugdink en onthou presies die gevoel weerspieël van ’n sekere hoofstuk. Die vier Swede in hul “funky” en byderwetse stywe pakkies met die hoë krae en platformskoene wat op daardie oomblik, in daardie spesifieke bladsye van ’n lewensboek, ’n terugblik kan gee van ’n spesifiek tyd en ’n spesifieke plek.

“Fernando” was oupa Lag se gunsteling en ek is terug op die lang pad oor twee dae van Otavi na die Goudstad met die Chevrolet en die rooi dottiekombers. “Waterloo” en die maand se einde se inkopietog, swem en burgers by die klub en draairoomys in Tsumeb.

“Thank you for the Music” die knopknieë, vlegsels en oranje skoolrok van die laerskool. “Ring-Ring” se uitgewerkte danspassies in ’n skool- en hartsvriendin se kamer. “The Winner takes it all” die huil in die kussing oor ’n liefde wat verraai is.

In April 1970, ek was ’n jaar oud, gaan hou twee paartjies saam vakansie op die eiland Ciprus. Wat begin het as pret om saam op die strand te sing, lei tot ’n geïmproviseerde optrede vir soldate van die Verenigde Nasies op die eiland. Een van die groep se B’s, Benny Anderson word op die ouderdom van 18 lid van ’n gewilde Sweedse pop-rockgroep, die Hep Stars, wat vir ’n hele paar internasionale treffers verantwoordelik is en as die Sweedse Beatles bekend staan.

In 1974 tref ABBA die wêreldverhoog toe hulle die Eurovision-liedjiekompetisie met “Waterloo” wen, die eerste keer ooit dat Swede in dié kompetisie ’n wenner oplewer. ABBA word die eerste groep wat van ’n nie-Engelssprekende land afkom om volgehoue sukses in die treffersparade van Engelssprekende lande te behaal.

’n Kompetisie om ’n geskikte naam vir die groep te vind, is aanvanklik in ’n Gothenburg-koerant van stapel gestuur. Die groep was veral beïndruk met die name Alibaba, FABB en Baba, maar op die ou einde word al die inskrywings geïgnoreer en word aangekondig die groep sal as ABBA bekend staan. Die voorletters van die vier lede van die groep; Agnetha, Bjorn, Benny en Anni-Frid.

Die naam ABBA is eers deur ’n kosmaatskappy in 1838 gebruik en sommige van sy bekendste produkte sluit Kalles-kaviaar en ingelegde haring in.

In 1973 stem ABBA in om die babakosmaatskappy Semper te bemark, met Björn en Agnetha se babadogter Linda wat haar modeldebuut in die advertensies maak. Hul flambojante verhoogkostuums was glo ’n maklike manier om geld op hul belastingrekening te spaar.

Die groep het ’n Sweedse wet gebruik wat beteken het klere kon van belasting afgetrek word as die eienaars kon bewys dit word nie “daagliks gebruik” nie. Veral in Australië was ABBA se aanhang geweldig, onthou die fliek Muriel’s Wedding? ’n Spesiale TV-uitsending vir die Australiese mark in 1976 het meer kykers gelok as die maanlanding in 1969, met The Best of ABBA wat op die ou einde vier keer uitgesaai is en elke keer rekord kykergetalle behaal het.

Nou is hulle weer terug. Veertig jaar ná hul laaste oorspronklike album in ’n tyd wat die wêreld soveel anders is as toe hulle vir die eerste keer die wysies saam met my kiekies geword het. Nou wat die wêreld, en ek, hulle die nodigste het.

“So I say Thank you for the music, the songs I'm singing Thanks for all the joy they're bringing Who can live without it? I ask in all honesty What would life be? Without a song or a dance, what are we? So I say thank you for the music For giving it to me.”

Soortgelyk

 

Vier sterftes, 25 nuwe gevalle

9 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes styg met vier (een tuissterfte) tot 3 538. Gister is 25 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 2,2%. Dit sluit drie leerlinge,...

PAS IN: Drie uit ses skuldig aan moord

13 ure gelede | Howe

‘n Vrou wat ‘n groep mans betaal het om haar man te vermoor, is vandag in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind aan moord.Die oorledene...

MTC en regering gaan saamwerk om inentings teen Covid...

14 ure gelede | Gesondheid

'n Inisiatief tussen die regering en die mobiele telekommunikasiemaatskappy MTC, “Namibia VaxUP081 Incentive", gaan inwoners vergoed wat hul eerste dosis entstof teen Covid-19 ontvang. Volgens...

Net 14,2% van bevolking ten volle ingeënt

14 ure gelede | Gesondheid

Terwyl Namibië se doelwit was om 750 000 van die land se 1,5 miljoen geoormerkte persone vir immunisering teen Donderdag in te ent, het net...

Aandklokreël opgehef

15 ure gelede | Regering

President Hage Geingob het die aandklokreël amptelik as deel van die nuwe Covid-19-regulasies opgehef. Openbare byeenkomste kan deur 200 persone bygewoon word, so ook dieselfde...

Tweede lugmagongeluk binne enkele weke

1 dag gelede | Ongelukke

Tunohole Mungoba en Ellanie Smit‘n F-7 vegvliegtuig van die Namibiese lugmag het vroeër vandag by die Ondangwa-lughawe neergestort.Die weermag het joernaliste wat kort na die...

Creativity and mental health: Where do we overstep

1 dag gelede | Gesondheid

Kalistu R Mukoroli, PR and brand strategistWe tend to preach about being creative, but isn’t this contributing to mental health issues? Creative people always push...

Tourism mogul driven by passion

1 dag gelede | Toerisme

Iréne-Mari van der Walt Part-owner of Swakop Cycle Tours Paul Ndjambula says despite his business being conceptualised during his time as an intern, it took...

Kalahari se water in die gedrang

1 dag gelede | Omgewing

Frank Steffen en Brigitte Weidlich – “Dit mag eenvoudig nie gebeur nie! Maak nie saak hoe jy uitloogproses benader nie, hierdie unieke kom sal onvermydelik...