Mynbou staal hom vir die toekoms
Mynbou staal hom vir die toekoms

Mynbou staal hom vir die toekoms

Augetto Graig
Augetto Graig

Mynbou het verlede jaar direk werk aan byna 19 000 mense verskaf. Sewe bykomende werksgeleenthede word deur elke werkgeleentheid in die bedryf geskep.
Mynbou se omset was N$25,28 miljard.
Die staatskas het in totaal N$5,056 miljard uit mynbou verdien. Dit sluit in N$2,35 miljard se winsbelasting, N$1,41 miljard in tantieme en dividende van N$640 miljoen.
Vaste beleggings vir die jaar was meer as N$5,47 miljard en lone en salarisse van N$3,67 miljard is betaal (Swakop Uranium uitgesluit).
Vir die eerste keer was daar in 2015 sowat 6 ton goud gemyn. Debmarine het bouwerk ter waarde van N$2,3 miljard aan ’n onderwater-eksplorasievoertuig begin, Dundee se swaelsuuraanleg op Tsumeb is in gebruik geneem en Lodestone het die eerste ton ystererts geproduseer.
’n Bedrag van N$11,24 miljard is aan aankope bestee.
Meer as N$60 miljoen is aan korporatiewe, maatskaplike verantwoordelikheid bestee.
Volgens mnr. Veston Malango, uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van Mynbou, sal die bedryf aanhou groei. Twee nuwe myne, B2Gold en Tschudi, sal vanjaar optimale produksie bereik en nog ’n myn, Husab, sal in die derde kwartaal van 2016 met produksie begin.
“In vergelyking met Afrika-eweknieë is Namibië in ’n goeie posisie om die storm van ’n onseker, wêreldwye ekonomiese klimaat en swak kommoditeitspryse te oorleef,” het Malango tydens die afgelope Mynbou Ekspo en Konferensie in Windhoek gesê.
Hy het gewaarsku dat Namibië sy posisie as mees aantreklike beleggingsbestemming in Afrika moes inboet. Sekere beleidskwessies moet volgens Malango dringend aangespreek word om agteruitgang in die land se mynboustatus te voorkom.
Namibië was in 2014 nommer een in Afrika op die Fraser Instituut se ranglys, maar het in 2015 die vierde plek behaal. Marokko, Burkina Faso en Ghana het beter graderings ontvang. Die land het internasionaal van die 25ste na 33ste plek teruggesak.
Die nuwe bemagtigingsplan bekend as NEEEF sal volgens Malango direkte, buitelandse beleggings drasties verminder. Minder inkomste vir die regering en ’n algemene verswakking van ekonomiese groei sal volgens hom die uiteinde wees.
Struikelblokke sluit in vertragings in die verwerking van aansoeke vir mynlisensies, asook die feit dat die gesamentlike waardetoevoeging­komitee nog nie ’n strategie vir die plaaslike verwerking van minerale kon finaliseer nie.
Die verbod op die ontginning van fosfaat help volgens Malango ook nie. Moontlike tekorte aan water en elektrisiteit en die jammerlike toestand van die land se spoornetwerk is ander risiko’s.
Mynbou sal volgens Malango ongeag alles voortbestaan en die bedryf kan sosio-ekonomiese ontwikkeling ondersteun met meer as ’n dosyn nuwe myne sodra kommoditeitspryse en beleggersvertroue herstel.
Mnr. Ramsay McDonald van Deloitte Namibia het gesê wêreldwye mynboutendense sal die plaaslike bedryf beïnvloed. Deloitte se navorsing wys mynboumaatskappye stel minder mense aan en fokus op operasionele uitmuntendheid. Innovering is volgens McDonald noodsaaklik om geleenthede in China se hervorming te benut.
“Wat daal, moet weer styg,” het hy aangevoer. McDonald het myne aangeraai om nie huidige situasies as die norm te aanvaar nie.
“Almal moet betrokke word en in die toekoms moet mynbou meer as ooit met ander belanghebbendes in gesprek tree. Daar kom ’n krisis van kapitaal, dus moet mynbou leer om ander bronne te kry,” het McDonald gesê. “Soveel te meer omdat belasting wêreldwyd net meer aan beursies sal ruk.”
Samesmeltings en verkrygings moet betyds en goed deurdag uitgevoer word, terwyl mynbou ook sy siening van korporatiewe en persoonlike welsyn sal moet uitbrei, het dié kenner gesê. “Diegene wat aanhou om hul koppe in die sand te steek, sal tweede kom. Die mynboubedryf doen baie, maar wette en belastingregulasies sal verander. Die uitdaging is die vermoë van belanghebbendes om deur nuwe metodes van samewerking aan verandering deel te neem.
“Moeilike tye is wanneer dinge gebeur,” het McDonald gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026