My ope brief aan pres. Hage Geingob
My ope brief aan pres. Hage Geingob

My ope brief aan pres. Hage Geingob

Sanet de Waal
J.A. ROSSOUW SKRYF: As pensioenaris het ek tyd tot my beskikking en lees daagliks al ons plaaslike koerante. Ek verwys spesifiek na ’n voorbladartikel van The Namibian van 14 deser: “Offices should ask for vaccination cards – Geingob".

Dis veelseggend/insiggewend om te sien hoe u as leier die media gebruik om u eie standpunt oor die coronavirus op ons land en sy mense te probeer afdwing. “Kantore” word aangemoedig om inentingsertifikate te vereis om toegang te verleen. Sou hulle dit doen, word die regering daardeur gevrywaar om in te gryp en inenting, wat hulle voorstaan, verpligtend te maak.

Sou die “kantore” daaraan gehoor gee, sal hulle besighede grootliks daaronder ly en hulle met voete op die lessenaars sit?

Die verskil tussen volwasse en onvolwasse persone is dat ’n volwasse persoon volwasse besluite neem wat op feite gebaseer is, terwyl ’n onvolwasse eers kyk wat ander doen en sê voor hy/sy hom/haar skaar agter die meerderheid, omdat geglo word dat hulle reg sou wees. In die media word mense wat teen die spuit is as “onnosel, oningelig en as ’n gevaar” vir hulself en die gemeenskap beskou. U sou anders daaroor gevoel het as u vriend agt dae ná ’n spuit vir 23 dae in die ICU beland en sy gesondheid vir die res van sy lewe erg geskaad is. Dit wat gesaghebbende medici en kundiges as bewyse inbring, word as leuens en propaganda beskou en minagtend van die tafel gevee.

Ek sal my nie bepaal by dit wat deur hierdie kundiges kwytgeraak word nie, maar fokus op die inligting wat gereeld in ons plaaslike koerante beskikbaar is. Hierdie statistiek verskyn gereeld in ons dagblaaie.

Wêreldwyd:

Op 12 Oktober 2021: 238 421 217 gevalle, 4 860 593 sterftes (2,03%), herstel 97,97%

Op 1 November 2021: 248 844 003 gevalle, 5 002 179 sterftes (2,01%), herstel 97,99%

Op 1 Desember 2021: 263 059 445 gevalle, 5 220 060 sterftes (1,98%), herstel 98,02%

Op 5 Januarie 2022: 292 865 042 gevalle, 5 451 754 sterftes (1,86%), herstel 98,14%

Wêreldwyd het gemiddeld net 1,97% van alle mense wat die Covid-19-virus opgedoen het daarvan gesterwe, terwyl 98,03% herstel het.

In Namibië:

Op 11 Oktober 2021: 128 167 gevalle, 3 527 sterftes (2,75%), herstel 97,25%

Op 1 November 2021: 128 956 gevalle, 3 556 sterftes (2,75%), herstel 97,25%

Op 4 Desember 2021: 129 796 gevalle, 3 574 sterftes (2,75%), herstel 97,25%

Op 3 Januarie 2022: 150 145 gevalle, 3 656 sterftes (2,43%), herstel 97,57%

In Namibië het net 2,67% van mense wat die Covid-19-virus opgedoen het daarvan gesterwe en 97,33% daarvan herstel.

Regverdig hierdie sterftesyfers werklik die plaaslike inperkinge en wêreldwye ekonomiese ineenstorting wat ons daagliks beleef en probeer oorleef?

Volgens ’n voorbladartikel van The Namibian van 17 deser is daar 1,6 miljoen mense in ons land wat daagliks in armoede leef. Dit kos die belastingbetalers N$5,4 miljard per jaar. Die corona-uitbreking is vir meer as 200 000 gevalle hiervan verantwoordelik.

Doen asseblief iets om werk te skep en daarmee ook menswaardigheid aan die armes te gee.

Dankie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!