Musk gedagvaar vir bedrog met twiet
Die Amerikaanse Securities and Exchange Commission (SEC) het ’n bedrogklag teen Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla, ingedien.
Die SEC wil boonop hê Musk moet uit sy pos onthef word omdat hy ’n reeks “vals en misleidende” twiets in Augustus gestuur het oor planne om Tesla te denoteer. Die departement van justisie, wat ook die mag het om strafregtelike klagte aanhangig te maak, het die maatskappy ook oor Musk se twiets ondervra.
Tesla se aandele het met 12% in nauurse verhandeling teruggesak.
“Elon is Tesla, en Tesla is Elon. Dit is wonderlik wanneer Elon iets goeds doen, maar nie so goed wanneer negatiewe dinge met hom verbind word nie,” sê Karl Brauer, uitvoerende uitgewer by Kelly Blue Book wat navorsing oor motors doen.
Musk sê hy het niks verkeerd gedoen nie.
“Dié ongegronde optrede deur die SEC maak my baie hartseer en is teleurstellend,” sê hy in ’n verklaring.
“Integriteit is die belangrikste waarde in my lewe en die feite wys ek het dit nooit in gevaar gestel nie.”
Tesla se direksie sê hy het “alle vertroue” in Musk.
Die SEC se hofsaak is by die federale hof in Manhattan, New York, ingedien.
Dit kom nadat Musk op 7 Augustus ’n twiet aan 22 miljoen volgende op dié platform gestuur het waarin hy sê hy oorweeg om Tesla te denoteer. Hy het gesê hy sou US$420 per aandeel betaal en dat “finansiering verseker” is.
Op 24 Augustus, nadat dit bekend geword het die SEC ondersoek die saak, het hy in ’n blog geskryf hy gaan Tesla nie denoteer nie.
HOFAANSOEK
The Wall Street Journal het Donderdag berig dat die SEC besluit het om voort te gaan met sy hofaansoek nadat ’n voorgestelde ooreenkoms met Musk deur die mat geval het.
Die SEC wou nie Donderdag kommentaar lewer nie.
Die SEC sê in sy hofdokumente dat Musk se aanbod van US$420 per aandeel ’n premium van 20% op die prys waarteen aandele daardie dag gesluit het, geplaas het.
Daar word ook na e-posse en teksboodskappe verwys waarin Musk glo sê hy dink sy meisie sou “dink dit is snaaks, al is dit duidelik nie ’n goeie rede om ’n prys te kies nie”.
Die SEC sê Musk het nie die prys van US$420 met enige finansierder bespreek voordat hy die onderwerp in ’n e-pos, wat op 2 Augustus aan die direksie gestuur is, genoem het nie.
Die SEC sê die ondersoek oor Tesla duur voort.
Die besluit om te probeer keer dat Musk as direkteur van enige genoteerde maatskappy aangestel word, is ’n uitsonderlike stap deur die SEC.
“Die les vir uitvoerende hoofde is dat die reëls op almal van toepassing is, insluitende hoogs suksesvolle, visioenêre mense,” sê Charles Elson, direkteur van die Weinberg Sentrum vir korporatiewe bestuur by die Universiteit van Delaware.
Teresa Goody, uitvoerende hoof van die regsfirma Goody Counsel en ’n voormalige advokaat wat vir die SEC gewerk het, sê die SEC het vinnig opgetree.
Sy sê daar word in die meeste hofsake waarby die SEC betrokke is gewoonlik geskik voordat dit nog voor ’n jurie verskyn.
Dit kan egter tyd neem om te skik as die verweerder nie aan die SEC se belangrikste eise wil voldoen nie. – Netwerk24/Reuters, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie