Musk ‘boor’ vooruit
Die miljardêr-entrepreneur wil verkeersopeenhopings hokslaan.
William Horne en Reuters – Die miljardêr-entrepreneur Elon Musk het Dinsdag die eerste tonnel van sy jongste maatskappy, Boring Company, naby Los Angeles geopen.
Sy doel: Om dié stad se berugte verkeersopeenhopings deur middel van ondergrondse vervoer hok te slaan.
Die 1,83 km lange tonnel is stap een om te bewys dat Boring se langtermynvisie haalbaar is om voertuie en passasiers in ’n vakuum op “hyperloop”-treine teen tot 1 200 km/h vinniger en veiliger tussen stede te vervoer.
Maar eers wil Musk verligting bring aan die “sielsvernietigende” verkeersknope in Los Angeles deur mense en voertuie teen tot 240 km/h te vervoer in ondergrondse tonnels. Daarna wil hy Los Angeles en San Francisco verbind.
Boring Company, wat deel is van Musk se SpaceX-maatskappy, het die tonnel geboor met nuwe tegnologie wat dit moontlik maak om tonnels baie vinniger as voorheen te bou.
Dié segment van die tonnel is nie onder Los Angeles self gebou nie, maar onder ’n naburige munisipaliteit, Hawthorne, waar Boring en SpaceX hul hoofkantore het. Al is dit ’n groot stap vorentoe, is daar nog ’n lang pad wat voorlê om Musk se droom te verwesenlik.
Hy het in Desember 2016 getwiet Los Angeles se verkeer maak hom “gek” en gesê hy gaan “ ’n boormasjien bou en net begin grawe”.
Hy het by die bekendstelling gesê dit het sowat $10 miljoen gekos om die tonnel te bou – alles ingesluit van ventilasie, beligting, opgrawings, veiligheidsmaatreëls, kommunikasie en ’n spoorlyn. Volgens hom sou die koste met tradisionele ingenieurspraktyke sowat $1 miljard beloop het.
Spoed is Boring se vernaamste voordeel.
Musk vertel graag dat ’n tuinslak 14 keer vinniger beweeg as ’n tradisionele tonnelmasjien. “Ons strewe is om effens vinniger as ’n slak te wees.”
– Reuters, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie