Musiek oor kultuurgrense

Bydrae tot boek sit Namibiese musiek op die wêreldkaart.
Tanja Bause
Tanja Bause – “Op ’n baie jong ouderdom het ek besef daar is verskillende realiteite.

So sê die Namibiese musikant Shishani Vranckx.

“Ek kom uit 'n gemengde agtergrond en kontrasterende kulture en dit was 'n reis om 'n plek te vind waarin ek pas.”

Shishani is die dogter van Sarah, ’n Namibiër, en Stan, ’n Nederlander. Sy is in Windhoek gebore en het hier, asook in België en Nederland skoolgegaan.

“Ek het in Windhoek, België en Nederland grootgeword. Dit was soms moeilik en ek het probeer om ’n plek te vind waar ek inpas. In Namibië is ek as ’n wit kind beskou en in Europa as ’n swart kind.

In Europa was ek dikwels die enigste kind van kleur in die skool, in sportspanne of musiekklasse. Ek was baie kere anders as die ander kinders en dit was ’n moeilike tyd vir my.

“Wanneer ek terugkyk, besef ek dat daardie tydperk van my lewe my oë, ore en hart vir die wêreld oopgemaak het. Ek is mal daaroor om oor die grense te kyk en die goed wat mense in gemeen het, raak te sien. Dit is ook wat in my werk as musikant deurskyn. Ek is mal daaroor om ons diversiteit te vier en kulture bymekaar te bring,” het sy gesê.

Volgens Shishani is sy met musiek in haar bloed in ’n musikale familie gebore.

“My pa het klavier gespeel en my ma het altyd in die huis gesing. Musiek was van kleins af deel van my lewe. Op vierjarige ouderdom het ek met vioollesse by die Kunstekollege (Cota) in Windhoek begin. Sedertdien maak ek musiek.”

Haar eerste inspirasie was haar familie. Later, as ’n jong meisie, is sy deur musikante soos Lauryn Hill en Tracy Chapman aangespoor.

“Ek het sonder die invloed van enige Namibiese kunstenaars grootgeword. Met my terugkeer na die land in 2011 het ek begin om die plaaslike ‘juwele’ te geniet. Ek het met baie van hulle saamgewerk en word steeds deur wonderlike musikante van oraloor die wêreld geïnspireer.”

Shishani is ’n liedjieskrywer en sanger wat nie net een spesifieke genre volg nie, maar stilisties deur talle beïnvloed word.

“Ek sing, speel kitaar, slaginstrumente en tromme. Ek is ’n solokunstenaar en ’n groepleier. Ek het met baie verskillende kunstenaars saamgewerk en ek doen wat ook al my op kreatiewe vlak inspireer.”

In 2015 het sy saam met Sjahin During (’n slaginstrumentspeler en vervaardiger) Namibia Tales begin. Dit is ’n akoestiese, Amsterdamse kwartet wat in die musikale tradisies van Namibië delf. In 2016 het hulle die Best World Music Album-prys van die Nederlande met hul album Itaala gewen.

In Junie 2017 het die kwartet Namibië toe gekom om met vier Sanvroue in die Kalahari te werk. Saam het hulle die album Kalahari Encouters opgeneem wat in 2017 weer een die Best World Music Album gewen het. In 2018 het Namibian Tales saam met N!ae Komtsa, Kgao Xoa//an, //Ao N!ani en Baqu Kha//an van die //Xao/oba-nedersetting in Namibië ’n album vrygestel en deur die land én Europa en Namibië getoer.

“Die wonderlike reis saam met die vier wonderlike Sanvroue en Namibian Tales was 'n nederige ervaring waaruit ek baie geleer het. Ek is baie dankbaar daarvoor,” het Shishani gesê.

“Ek het vanjaar die band Miss Catharsis gestig wat net uit vroulike musikante bestaan. Dit was beslis die hoogtepunt van my jaar,” het Shishani gesê.

“My lewensmaat is op die oomblik die belangrikste persoon in my lewe en ons inspireer mekaar om ons drome na te jaag. En as ek ’n vrye tydjie, het reis ek of lees ek.”

BOEK

In haar werk as antropoloog (BA-graad) en musiekwetenskaplike (MA-graad) het sy gespesialiseer in kontemporêre, stedelike Namibiese musiek.

Sy het die land se musiek op die wêreldkaart geplaas deur haar bydrae in die Bloomsbury Encyclopedia of Contemporary Music of the World, Music in Afrika en, meer onlangs, The Changing Faces of Aawambo Music Arts.

Die Bloombury Encyclopedia is ’n boek wat handel oor verskillende musikale genres in Afrika suid van die Sahara en bied 'n beskrywing van die verskillende soorte musiek, die oorsprong en ontwikkeling daarvan, die uitvoeringspraktyke en die sosiopolitieke relevansie van die musiek.

Shishani het bydraes gelewer oor drie gewilde Namibiese genres naamlik ma/gaisa, oviritje en shambo.

“Toe ek musiekwetenskap in Nederland studeer het, het ek boeke gesoek met inligting oor kontemporêre musiekstyle uit Namibië, en daar was geen. Dit was regtig vir my hartseer. My bydrae is 'n stap in die rigting van ons sigbaarheid in boeke en sal hopelik meer belangstelling in huidige style en ontwikkelinge van Namibiese musiek aanwakker,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 341.17/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.83% | Zinc US$ 2 874.90/T UP 0.72% | Brent Crude Oil US$ 89.09/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 913.24/OZ DOWN -0.0029 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 341.17/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.83% | Zinc US$ 2 874.90/T UP 0.72% | Brent Crude Oil US$ 89.09/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 913.24/OZ DOWN -0.0029