Munisipaliteit sê oor swembad­

30 January 2020 | Regering
Denver Kisting



Twee lewensredders was aan diens tydens Sondagmiddag se ­tragedie by die munisipale swembad in Olympia, waartydens Ragiem Kahuika (5) en sy boetie, Suarez Swartbooi (4), verdrink het.

Só sê me. Lydia Amutenya, woordvoerder van die Windhoek-munisipaliteit (CoW), by navraag.

Boonop was 'n basiese lewensondersteuningsbeampte aan diens, asook 'n administrateur wat opgelei is om lewen­steun te bied, sê sy.

Oor die aantal lewensredders in CoW se diens, sê Amutenya twee poste is geadverteer, maar net een is tot dusver gevul.

Sy sê hulle is besig om die ander betrekking te vul, onderworpe aan die oudit van aansoekers se kwalifikasies deur die Namibië Kwalifikasie-owerheid (NQA).

“Ons vul lewensredders tans aan met brandbestryders wat oor die vereiste mediese en lewensreddingsopleiding beskik.”

Volgens haar maak CoW se mens­like hulpbronnestruktuur ­voorsiening vir vier lewensredders “sodat elke swembad twee het”.

Amutenya sê hulle verwag om die ander twee poste in die volgende finansiële jaar te vul.

“Lewensredders word geroteer met twee tot drie skofte per week,” sê sy.

Aansoekers moet oor graad 12 en 'n uitstekende kennis van veiligheidreëls, en regulasies met betrekking tot noodhulp en mediese toerusting beskik om vir dié betrekking in aanmerking te kom.

'n Noodhulpsertifikaat en een in basiese lewensondersteuningsdienste sal 'n voordeel wees, sê sy.

Amutenya sê hulle het met berading begin vir alle personeellede wat tydens Sondagmiddag se tragedie aan diens was.– [email protected]

Soortgelyk

 

Kenner van familieondernemings kom lewer praatjie

7 ure gelede | Kuns en vermaak

Een van Suid-Afrika se voorste kenners van familieondernemings lewer Vrydagoggend op uitnodiging van die kultuurorganisasie, Netwerk, ‘n ontbytpraatjie by Am Weinberg Hotel in Windhoek.Prof. Elmarie...

Nog water vir Hardap en ses ander

7 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Ses nasionale damme ontvang steeds water, met ‘n sewende een wat gister om 16:00 óók nog water gekry het.Volgens NamWater se jongste...

Oudpres. Hosni Moebarak van Egipte sterf

8 ure gelede | Internasionaal

Die voormalige Egiptiese president Hosni Moebarak is dood, het die staatstelevisie berig.Hy was 91.Moebarak is in 2011 ontsetel ná 'n bewind van sowat 30 jaar....

Nege vas oor renosterhorings

9 ure gelede | Misdaad

Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Volgens die wildmisdaadverslag van 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Gesoek: Namibiërs wat in China woon, studeer

10 ure gelede | Ministeries

Die Namibiese ambassade in China is in die lig van die uitbreking van die corona virussiekte (covid 19) besig om sy lys op te dateer...

Ministerie bemagtig mans én vroue

11 ure gelede | Ministeries

Die algemene siening dat die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn net vir vroue en kinders is, is onwaar en onproduktief. “Sommige mans dink hierdie ministerie...

Damme voller

22 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

22 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

22 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...