Muller agter tralies ná gespoeg in hof
Otis Finck op Walvisbaai - Landdros Rivermo Williams het gister vir Venancio Muller (36) tot drie maande tronkstraf gevonnis - sónder die opsie van 'n boete vir minagting van die hof.
Ná die landdros vir Muller ingelig het dat sy versoek om sy borgtog van N$10 000 na N$5 000 te verminder, nie toegestaan is nie, moes polisiebeamptes Muller van die getuiebank verwyder.
Muller het in die hof verskyn in verband met 'n bedrog- en korrupsiesaak van meer as N$2 miljoen waarby personeel van die ministerie van finansies se departement van binnelandse inkomste in Walvisbaai betrokke is.
Williams het Muller se borgtog van N$10 000 teruggetrek ná hy haar begin vloek het en haar probeer spoeg het.
Muller se gedrag het hom duur te staan gekom omdat sy borgtog gekanselleer is en 'n klag van minagting van die hof teen hom aanhangig gemaak is. Tydens sy verskyning op dié klag was Muller geboei.
Hy het homself verdedig en artikel 6 van die grondwet aangehaal wat verwys na die beskerming van menselewens.
“Ek was kwaad omdat jy (Williams) geweier het om my borgtog te verminder.
Ek het 'n familie om te onderhou en het my reg op vryheid van spraak gebruik,” het hy gesê.
“Hoekom is jy bang vir my? Ek is net 'n mens. Ek was nie myself nie en ek pleit om die hof se vergifnis vir wat ek gedoen het,” het Muller ter versagting gepleit.
Hy het aan polisiebeamptes wat hom na die aanhoudingselle by die hof vergesel het, gesê hy sou beter af wees in die tronk as in die aanhoudingselle.
Williams het die bedrog- en diefstalsaak teen die ander beskuldigdes tot 9 Mei uitgestel. Aanklaer Tuihaleni Hilikuete het bevestig nóg iemand is in hegtenis geneem in verband met die saak en gesê die verdagte (nommer 14) sou later in die dag 'n verskyning maak.
Die eerste ses van 13 verdagtes is op 27 en 28 Desember op Walvisbaai in hegtenis geneem.
Williams het borg van N$10 000 elk aan sewe van die 13 toegestaan wat in verband met die saak gearresteer is.
Daar is skynbaar minstens 21 mense by die bedrogspul betrokke. Dit sluit drie werknemers van die ministerie van finansies se kantoor van binnelandse inkomste in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie