MTC in kryt oor geweld

Mobiele reus verdedig boks

15 October 2019 | Misdaad
Denver Kisting



Die mobiele telekommunikasiereus MTC is in die spervuur omdat hy boks gebruik het om geslagsgeweld te probeer beveg.

Bekende Namibiese mans, soos die motiveringspreker mnr. Sam Shivute en die grondaktivis mnr. Job Amupanda het mekaar Saterdag in Windhoek in die kryt gepak as deel van die MTC Knockout Project.

'n Onbekende vrou het die naweek in die sosiale media beweer haar minnaar en die pa van haar kinders het die boksgeleentheid saam met vriende by 'n kroeg op TV gaan kyk waarná hy haar tuis aangerand het.

Sy was deel van talle kritici wat gesê het MTC bevorder geweld met hul veldtog.

MTC het gister by monde van 'n woordvoerder, mnr. Fikameni Mathias, teen die kritiek walgegooi.

“MTC was nog nooit bang om die norme van die samelewing uit te daag nie en dié projek bewys dit. Ons sal vir lank debatteer oor of boks die regte manier is om die vlaag van geslagsgeweld te bestry,” sê hy.

Maar, sê Mathias, almal stem saam geslagsgeweld is 'n maatskaplike kwessie wat gepak moet word “en die begin van dié gesprek is net die begin van ons bydrae as 'n geheel”.

Die woordvoerder sê om 'n verandering teweeg te bring, moet iets gedoen word wat nog nooit vantevore probeer is nie.

“Moet nooit bang wees om die vreemde een te wees en dapper genoeg om onbekende gebiede te deurtrap om verandering aan te help nie.

“Die MTC Knockout Project is presies dit.”

Volgens hom was hul idee uit die staanspoor om bewusmaking te skep en 'n nasionale debat van stapel te stuur.

Hy sê voorts: “Boks is meer as net die somtotaal van sy kleurvolle metafore. Boks bou veerkragtigheid. Boks leer ons introspeksie, bou selfvertroue en vereis tog menslikheid. Dit neem geweldige moed (en vertroue) om te veg of om 'n opponent in die kryt in die oë te kyk.

“Ons kan nie dieselfde sê oor slagoffers van geslagsgeweld nie.”

Fikameni sê om iemand te lyf te gaan, is nie aanvaarbaar in 'n be­skaafde samelewing nie.

“Die enigste aanvaarbare plek is die kryt as jy die moed het om dit te doen.”

Hy sê dit is nie reg om te veronderstel sport, byvoorbeeld boks, kan nooit 'n verskil maak om geslagsgeweld hok te slaan nie.

“Die feit dat ons boks gebruik het, is weens sy gewildheid en die bywoning bewys dit.

“Die bedoeling was altyd om 'n gesprek aan die gang te sit.”

Hy sê hulle sal binne die volgende paar weke 'n aankondiging maak oor hoeveel geld dié geleentheid vir die saak geïn het.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Toetsing vir Covid-19 kry hupstoot

27th of May 11:38 | Gesondheid

Bank Windhoek het vandag hul skenking van reagent- en weefselmonstertoetsstelle aan die Namibië Instituut vir Patologie (NIP) aangekondig. Dié handelsbank se uitvoerende beampte, me. Jacquiline...

Bank en depot sal nie sluit nie, sê Peya

37 minute gelede | Regering

Denver Kisting – Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, dr. Peya Mushelenga (foto, Nampa), sê mnr. Knowledge Ipinge, raadslid van die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, het...

Namibië het nou 22 bevestigde Covid-19-gevalle

45 minute gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19, geval nr. 22, is in 'n kritieke toestand en gekoppel aan 'n ventilator in 'n intensiewesorgeenheid aan die...

B-dag: Maak of breek

11 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

11 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

11 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

11 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

11 ure gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...