MTC gooi wal oor toringpolitiek
Denver Kisting – Die mobieletelekommunikasiereus MTC het gister by monde van sy hoof: menslike kapitaal, mnr. Tim Ekandjo, gesê niemand skryf vir hom voor waar om ’n selfoontoring op te rig nie.
Hy het op ’n mediakonferensie in die hoofstad gesê: “Die hoofdoel van die oprigting van ’n toring is vir daardie toring om dekking te verskaf – én aan so veel mense as moontlik in daardie area.”
Die ligging van ’n toring is baie belangrik om te verseker MTC benut die belegging ten volle, sê Ekandjo. In die eerste plek, sê hy, kyk hulle na geografiese liggings waar daar reeds torings is, maar wat intussen oorlaai is. Daarnaas ondersoek hulle liggings waar geen toring bestaan nie, om moontlik een op te rig, sê hy.
KWESSIE ‘VERPOLITISEER’
“Goewerneurs besluit nie waar ’n ligging moet wees nie. Niemand besluit waar ’n toring moet wees nie. Niemand kan vir MTC stoomroller in terme van die kriteria nie.”
Hulle kry soms versoeke vir die oprigting van ’n toring op private eiendom, sê hy. Mits die versoek goedgekeur word en die toring in belang van die gemeenskap is, sal die persoon op wie se grond die toring opgerig word, self daarvoor moet betaal, het Ekandjo gister gesê.
Dít kom nadat gemeenskapslede van Amilema in die Oshikotostreek gedreig het om die oprigting van ’n toring in die Onakasino-nedersetting te keer weens ’n geskil oor die ligging daarvan.
Ekandjo het gister gesê syns insiens is die kwessie verpolitiseer.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie