Mr Price se modes ‘beter, goedkoper’
'n Gewilde klere- en huiswarewinkel blyk steeds markaandele van ander soortgelyke winkels weg te rokkel.
Deur Hanlie Stadler- Mr Price glimlag van oor tot oor nadat dié kleinhandelaar van klere en huisware sy inkomste in dubbelsyfers kon laat groei – dít te midde van ’n handelsomgewing wat ander kleinhandelaars, veral van klere, laat les opsê. Mark Blair, finansiële hoof en aangewese uitvoerende hoof, sê in ’n Sens-verklaring oor die resultate dis duidelik dat Mr Price steeds markaandeel van ander klere- en huiswarewinkels wegrokkel.
Blair, wat sedert 2007 finansiële hoof is, neem op 1 Januarie oor as uitvoerende hoof wanneer Stuart Bird aftree. Bird, wat Mr Price sedert September 2006 gelei het, bly as uitvoerende direkteur aan tot einde Maart 2019.
Mark Stirton neem in Januarie by Blair oor as finansiële hoof.
Vir die halfjaar tot 29 September het Mr Price se wesensverdienste per aandeel met 11,6% tot 494,3c opgeskiet en sy inkomste met 7,8% tot R10,5 miljard. Dis vergeleke met dieselfde 26 weke van 2017.
Blair sê die groep het onafhanklike navorsing laat doen wat wys dat verbruikers se persepsie van MRP se gehalte en modes verbeter het relatief tot dié van mededingers. Die groep beïndruk verbruikers ook met hul pryse.
“Die dalende ekonomiese groei in Suid-Afrika en stygende fiskale uitdagings, soos uitgewys in die onlangse mediumtermynbegrotingsraamwerk, dui daarop dat uitdagende handelstoestande steeds vir Suid-Afrikaanse kleinhandelaars voorlê. Nietemin bly ons vol vertroue dat ons sakemodel van modewaarde goed geplaas is om nog markaandeel te wen,” sê Blair.
In syfers
Totale inkomste styg met 7,8% tot R10,5 miljard
Verkope styg met 6,6% tot R9,7 miljard
Wesensverdienste styg met 11,6% tot 494,3c
Bedryfswins styg met 10,9% tot R1,7 miljard
Tussentydse dividend styg met 11,6% tot 311,4c
Die groep besit benewens MRP, MRP Sport en MRP Home ook Miladys en Sheet Street en doen afsonderlik verslag oor sy selfoon- en geldafdeling, MRP Money.
Verkope in al Mr Price se winkels het met 6,6% tot R9,7 miljard gestyg. Winkels wat ook in dieselfde tydperk van 2017 oop was, kon hul verkope met 3,9% lig en die res van die styging kom van nuwe winkels.
Die pap handelsomgewing syfer wel deur as ’n mens in ag neem dat Mr Price sy gemiddelde pryse met 4,5% verhoog het – dit beteken in vergelykbare winkels het die volume verkope eintlik gedaal. In totaal, nuwe winkels ingesluit, het die volume verkope wel met 2,9% tot meer as 100 miljoen items gestyg.
Die groep se inkomste uit finansiële dienste (winkelkaarte) en selfone het met 24,7% tot R801 miljoen gestyg.
Mr Price se verkope word grootliks in kontant gedoen – dit verteenwoordig byna 84% van alle verkope. Verkope op krediet het met net 2,2% gestyg en kontantverkope met 7,5%.
Net in Suid-Afrika het verkope met 6,2% gestyg. Verkope in ander lande in Afrika het met 11,4% gestyg, grootliks danksy die verkryging van 12 Mr Price-franchisewinkels in Kenia van Deacons East Africa wat nou deur die maatskappy self besit en bedryf word.
Die groep het 34 nuwe winkels geopen, ses gesluit, twee vergroot en 13 verklein en besit nou 1 286 winkels. Die groep sê handelsdigtheid is in die proses verbeter. Dis ’n verwysing na die verkope per vierkante meter winkelspasie.
Die maatskappy se bruto winsgrens het met ’n stewig 60 basispunte gestyg – van 42% tot 42,6% - wat hy daaraan toeskryf dat hy meer items volprys verkoop het eerder as op uitverkopings om van voorraad ontslae te raak. Die bedryfswinsgrens het ook van 15,7% tot 16,2% gestyg.
Klereverkope
Mr Price se aanlyn verkope is steeds besig om baie sterk te groei. Aanlyn verkope van MRP het met 31,6% gestyg en van MRP Sport met 40,4%.
Die hele klere-afdeling se inkomste het met 6,2% to R7,3 miljard gestyg.
Die MRP-klerewinkels se verkope het met 5,9% (3% in vergelykbare winkels) tot R5,9 miljard gestyg. Dit verteenwoordig dus nagenoeg 81% van die groep se klereverkope.
Miladys se verkope het met 8,3% (8,2%) gestyg.
MRP Sport se verkope het met 7,3% (2,3%) gestyg.
Huisware
Dié afdeling se inkomste het met 7,2% tot R2,4 miljard gestyg.
MRP Home se verkope is 9,2% (6,6%) hoër. Sy aanlyn verkope het met 29% gestyg.
Sheet Street vaar minder goed en kon verkope met 4,5% (2,5%) verhoog.
Geld en selfone
MRP Money se inkomste het met 23,5% tot R673 miljoen gestyg. Rente en administratiewe gelde het 7,5% meer ingebring; kredietversekering 7,6% meer en verkope uit selfone, SIM-kaarte en data 52,3% meer.
Die groep verkoop nou selfoonprodukte in 249 winkels en ook deur ’n oproepsentrum.
2 probleme
Mr Price het twee uitdagings wat hy in die komende tyd moet trotseer.
Die een is die hofstryd met die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) oor sy administratiewe gelde vir Miladys Club. Die NKR het verskeie winkelgroepe die afgelope paar jaar aangevat oor hoe klubgeldheffings gedoen word, maar Mr Price sê hy staan dit teen. As hy in die Nasionale Krediettribunaal verloor, sal hy klubgelde van 2007 tot op hede aan kliënte moet terugbetaal en boonop ’n boete van 10% van sy jaarlikse omset moet opdok. Die hooggeregshof het vroeër in Edcon se guns beslis en Mr Price is positief oor sy kanse in die saak.
Die ander is ’n dispuut met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), wat sekere aftrekkings wat in die 2014-boekjaar gedoen is, bevraagteken. As Mr Price dié saak verloor, sal hy nog R65,1 miljoen se inkomstebelasting moet betaal, sowel as rente en boetes van R36,8 miljoen. Die maatskappy het geappelleer nadat die SAID nie sy beswaar teen die assessering aanvaar het nie. Die groep is optimisties dat hy dié saak sal wen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie