Moslems in Frankryk vat Facebook hof toe
Die Franse Raad van die Moslemgeloof (CFCM), wat baie Moslems in Frankryk verteenwoordig, het Maandag gesê hy gaan Facebook en YouTube hof toe vat nadat die aanval op twee moskees in Nieu-Seeland op dié platforms uitgesaai is.
Die aanvaller het die menseslagting 17 minute lank regstreeks op sy Facebookblad gebeeldsend.
'n Paar uur ná die aanval was daar steeds video's daarvan op Facebook, Twitter, YouTube, Instagram en WhatsApp. Abdallah Zekri van die CFCM het die amptelike klag teen die Franse afdeling van die twee maatskappye bevestig, berig Reuters.
Die klag is dat hulle “'n boodskap uitgesaai het met 'n gewelddadige inhoud wat terrorisme aanhits, of van 'n aard is wat waarskynlik mense se waardigheid ernstig sal aantas en wat moontlik deur minderjariges gesien kon word”.
In Frankryk kan 'n skuldigbevinding op dié aanklagte tot drie jaar tronkstraf en 'n boete van €75 000 lei, berig The Guardian. Facebook sê hy het die regstreekse video vinnig verwyder.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie