Mos-trauma verdiep

Die polisie het toegegee daar was verlede week ’n uitdaging met die verkoelingsgeriewe by hul lykshuis in die hoofstad.
Denver Kisting
Denver Kisting - ’n Ma van Rehoboth, me. Drieka Benz, wat weens die dood van haar enigste kind in rou gedompel is, het verdere trauma beleef toe sy dié dogter, me. Margaret Mos (33), Vrydag inderhaas moes begrawe.

Dít het gekom omdat die oorskot ná die nadoodse ondersoek in ’n stadium van ontbinding uit Windhoek teruggekeer het.

Mos se amptelike begrafnis is eers vir eerskomende naweek geskeduleer.

Benz het die dag ná Kersdag uitgevind dit is haar dogter wie se liggaam onlangs aan die buitewyke van Rehoboth onthoof ontdek is.

Benz het die polisie op die dorp op 26 Desember besoek ná Mos ’n paar dae vermis was.

Die Rehoboth-polisie het vroeër ’n beroep op lede van die publiek gedoen om te help met die uitkenning van die lyk van ’n jong vrou.

Adj.komm. Kauna Shikwambi, die nasionale polisiewoordvoerder, het gister by navraag gesê volgens die beampte aan diens by die polisielykshuis in Windhoek was die verkoelingsgeriewe in ’n werkende toestand aan die einde van die werksdag op Oujaarsdag.

Dié beamptes werk kantoorure, het Shikwambi gesê.

Met hul terugkeer op 2 Januarie het hulle vasgestel daar is ’n probleem met die yskas se temperatuur.

Volgens Shikwambi is ’n tegnikus se hulp ontbied “wat alles reggestel het”.

Op ’n vraag oor hoeveel liggame deur die temperatuuruitdaging geraak is, het sy gesê: “Die liggame was nie regtig ontbind nie.”

Oor Mos se oorskot het sy gesê dit is onbekend wanneer die liggaam aan die familie oorhandig is.

“Maar onthou die toestand van daardie liggaam. Dit is buite die lykshuis se beheer.”

Vroeër is berig Mos se liggaam is erg vermink.

Hoewel die polisie volgens Shikwambi steeds ’n saak van strafbare manslag ondersoek, is die ondersoek nog nie afgehandel nie.

“Niemand is in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.”

’n Familied van Benz het gister aan Republikein gesê hulle is stukkend oor die onwaardige begrafnis.

Volgens haar het hulle verneem die oorskot is glo nie ná die nadoodse ondersoek in die verkoelingsgeriewe teruggeplaas nie.

Sy sê bure van Benz het laatnag – enkele ure voor Mos deur ’n voertuig getref is – ’n vrou om hulp hoor skree.

Dit is in dié stadium nog onbekend of Mos reeds ten tyde van die ongeluk reeds dood was.

Naas haar ma word Mos deur haar stiefpa, mnr. Harry Benz, en ’n 13-jarige seun, Harrien, oorleef.

Shikwambi het vroeër gesê Mos se kop is onder die voertuig vasgekeer en is toe vermoedelik afgeruk.

Die familielid het gister gesê hulle het die Golf GTI gesien en reken dit kon nie moontlik gewees het nie.

Die bestuurder van die sedan moes vir ’n paar ure gehospitaliseer word weens die trauma van die ongeluk.

Hy was na verneem word uit ’n westelike rigting ooswaarts op pad toe die ongeluk gebeur het.

Die bestuurder het glo eers die persoon op die teerpad opgemerk toe hy reeds naby haar was.

’n Polisiebron op Rehoboth het gistermiddag gesê die nadoodse verslag is nog nie aan hulle beskikbaar gestel nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 393.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 857.90/T UP 1.28% | Brent Crude Oil US$ 87.48/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.36/OZ DOWN -0.0062 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 393.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 857.90/T UP 1.28% | Brent Crude Oil US$ 87.48/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.36/OZ DOWN -0.0062