Moordverdagte loop los

Staat se dokumente nie in orde nie

04 June 2021 | Howe
Tuyeimo Haidula op Oshakati – Mnr. Edward Haiyambo (31), wat na bewe­ring in 2019 sy meisie ten aanskoue van haar vier kinders vermoor het, is in Maart vanjaar uit die tronk vrygelaat.

Die staat kon nie die nodige dokumentasie lewer vir die saak om in die hoërhof op Oshakati voort te gaan nie.

Die slagoffer, me. Lucillia Bunita Quimbra (30), se kinders was ten tyde van die voorval slegs tien, ses, drie en een jaar oud. Haiyambo is die pa van die jongste twee.

Die polisiewoordvoerder in die Oshanastreek, insp. Thomas Aiyambo, het gesê Quimbra is met twee oop wonde gevind waarvan een op haar kop was. Sy het ook 'n gebreekte regterarm gehad.

Haiyambo het glo van die toneel gevlug en is later in die Etayi-kiesafdeling in die Omusatistreek in hegtenis geneem.

Quimbra se driejarige seun is langs sy ma se lyk gevind waar hy aan die slaap geraak het. Hy het met sy arms om haar in 'n plas bloed gelê. Hy was ongedeerd.



NET 'VOORLOPIG' ­TERUGGETREK

Volgens hofrekords is die saak op 3 Maart teruggetrek om die staat geleentheid te gee om reëlings te tref.

Sodra die staat die nodige dokumente het, sal die saak van die landdroshof na die hoërhof op Oshakati oorgedra word.

Die saak is, sedert Haiyambo se eerste verskyning op 2 September 2019, in die landdroshof op Oshakati aangehoor.

Landdros Mikka Nam­weya, wat die saak aangehoor het toe dit teruggetrek is, het aan ons susterkoerant Nami­bian Sun verduidelik die saak word “voorlopig” teruggetrek hangende die nodige dokumente van die staat.

“Die staat het nie die dokumente in plek nie en het gevra dat die saak uitgestel word. Die verdediging het geweier en die staat het besluit om die saak terug te trek totdat hulle die nodige dokumente het om die saak na die hoërhof oor te dra,” het hy gesê.



BEKOMMERDE ­FAMILIELEDE

Haiyambo woon volgens getuies tans in Okandjengedi op Oshakati.

Quimbra se suster, me. Lucina Mwoombola, was een van die familielede wat haar lyk moes uitken.

Volgens Mwoombola is familielede ontsteld dat die man wat hul suster glo koelbloedig vermoor het nou vry rondloop.

Mwoombola het gesê hulle is bekommerd oor die veiligheid van die kinders aangesien Haiyambo – terwyl hy in aanhouding was – gedreig het om die kinders dood te maak.

Namibian Sun kon nie vasstel hoeveel hangende sake daar teen Haiyambo is nie, maar dit sluit moord, diefstal en aanranding in.

[email protected]

Soortgelyk

 

Profeet TB Joshua sterf

2 ure gelede | Mense

Die bekende evangelis en filantroop, past. Temitope Balogun (TB) Joshua, is dood.Is het Saterdagaand, 'n week voor sy 58ste verjaardag, in Lagos, Nigerië gesterf, berig...

Polisieman in Kuisebmond doodgesteek

2 ure gelede | Misdaad

'n Konstabel wat by die polisiekantoor in Kuisebmond diens doen, is in die vroeë oggendure Saterdag dood nadat hy naby sy meisie se huis deur...

Ses sterftes stoot syfer oor 900, 480 nuwe gevalle

17 ure gelede | Gesondheid

Ses nuwe sterftes stoot die totale syfer vir Namibië oor die 900-kerf tot 905. Die sterftes is vier in Windhoek en een elk in Outjo...

Covid-19: Gevalle styg in 24 uit 35 distrikte

22 ure gelede | Gesondheid

Namibië bly in die kloue van ‘n nuwe brander Covid-19-infeksies.Gedurende die sewe dae tot Donderdag het nuwe gevalle in 24 van die land se 35...

22 sterftes, 596 nuwe gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer vir Namibië skiet met nog 22 - 12 in Windhoek, twee in onderskeidelik Rehoboth en Walvisbaai, drie in Mariental en een elk...

Rehoboth soek strenger aandklok-monitering teen Covid

1 dag gelede | Gesondheid

Die United People's Movement (UPM) het die streeksbevelvoerder van die polisie in die Hardapstreek, komm. Andries van der Byl, gevra vir polisieversterkings op Rehoboth sodat...

Beesvleisforum vorder met abattoirplan

2 dae gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – ’n Groep bekommerde beesprodusente wat ten alle koste Namibië se nismarkte in die buiteland vir die voortbestaan van dié bedryf wil beskerm,...

Avonturier verdrink byna tydens riviervaart

2 dae gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – ’n Suid-Afrikaanse avonturier wat verlede week ná 55 dae en 2 200 km in sy geel roeiboot die Oranjerivier se monding by...

Harmse on unlimiting the future

2 dae gelede | Mense

Barney Harmse was born in Mafikeng in South Africa in 1970 and his family moved to Namibia when he was just four years old. From...