Moord, doodslag lui nuwe jaar in

Twis oor N$40 lei glo tot messteek

06 January 2020 | Misdaad
’n Man van Tsumeb wat met die dood van sy minnares verbind word, is voortvlugtend.

Adj.komm. Kauna Shikwambi, die nasionale polisiewoordvoerder, sê me. Elizabeth Garises (ouderdom onbekend) se lyk is omstreeks 06:00 op Oujaarsdag naby die Kavukiland-woonbuurt in die bosse ontdek.

Sy is volgens Shikwambi in ’n plas bloed aangetref.

Die oorledene is glo laas gesien toe sy by Jealous Bar op die dorp gekuier het, lui ’n misdaadverslag wat Shikwambi aan die media beskikbaar gestel het.

In ’n stadium het ooggetuies glo gesien hoe Garises deur haar kêrel aangerand word, sê Shikwambi.

“Die verdagte het van die toneel gevlug en die polisieondersoek duur voort.”

Die 22-jarige mnr. Allistar McNab het omstreeks 05:00 op Nuwejaarsdag naby die Swakopmund-lughawe aan die buitewyke van dié vakansiedorp glo sy eie lewe geneem.

Volgens Shikwambi word geen gemene spel in hierdie stadium vermoed nie.

McNab het geen selfdoodbrief agterlaat nie, sê sy.

Sy naasbestaandes is volgens die polisiewoordvoerder van sy dood in kennis gestel en die polisieondersoek duur voort.

Op dieselfde dag is mnr. Levi Kadhila (24) ook na bewering weens selfdood in die Goreangab-woonbuurt in Windhoek dood.

Sy oorskot is volgens Shikwambi tuis aangetref.

Die misdaadverslag vermeld nie die tyd van sy dood of wanneer sy lyk ontdek is nie.

Kadhila het ook geen selfdoodbrief agtergelaat nie.

Mnr. Nangolo Titus (61) het omstreeks 07:50 op Nuwejaarsdag in die Omakuku-nedersetting in die Noorde van die land glo sy eie lewe geneem.

Ook hy het geen selfdoodbrief agterlaat nie, sê Shikwambi.

Twee tienermeisies is in polisieaanhouding weens die moord op die 30-jarige mnr. Dino Vrieslaar omstreeks 03:00 op Nuwejaarsdag in Windhoek.

Luidens die misdaadverslag het die voorval in Testamentstraat in Dolam in Katutura plaasgevind.

Hoewel Vrieslaar op die toneel aan steekswonde beswyk het wat glo deur een van die twee tieners toegedien is, het albei glo vroeër N$40 van sy broer gesteel, lui die misdaadverslag.

Shikwambi sê Vrieslaar het na wat verneem word die meisies oor die beweerde diefstal gekonfronteer.

Dié beweerde konfrontasie het tot sy dood gelei, sê die woordvoerder. Die polisieondersoek duur voort.

Op Otjiwarongo is die vermeende moordenaar(s) van mnr. Arnold Gaoseb (24) steeds op vrye voet nadat sy lyk omstreeks 07:00 op Nuwejaarsdag op dié dorp gevind is.

Volgens Shikwambi is hy verskeie kere met ’n skerp voorwerp toegetakel.

’n 29-jarige man is in Windhoek in polisieaanhouding nadat hy na bewering omstreeks 18:30 op Nuwejaarsdag sy meisie, me. Aina Negonga (ook 29), vermoor het.

Shikwambi sê die paartjie het ’n 15 maande oue seuntjie.

Die verdagte het glo dié middag by Negonga se slaapplek aangekom en die deur gesluit aangetref.

Hy het na bewering geëis dat sy die deur oopmaak en dit oopgeskop toe sy weier, sê Shikwambi.

Volgens haar het die verdagte toe vir Negonga vyf keer met ’n mes in haar bors gesteek.

Hy het glo aanvanklik van die toneel verdwyn, maar homself later by die Wanaheda-polisiekantoor gaan oorgee.

Die polisieondersoek duur voort.

Soortgelyk

 

Destined to inspire

8 ure gelede | Mense

Ester KamatiSem Mandela Uutoni’s desire for community development manifests itself in his work and is what drove him to pursue a bachelor’s degree in regional...

Make education your New Year’s resolution in 2020

8 ure gelede | Mense

Albin JacobsWith the holiday season drawing to a close it is time to focus on the new year, 2020. Almost everyone makes some kind of...

Dankbare dorre aarde

8 ure gelede | In beeld

“Die Karasberge in die Karasburg-distrik het onlangs vir die eerste keer in vier jaar reën gekry,” sê NP Esterhuyse, wat dié pragfoto geneem het.

Groot kanonne hoor kiessaak

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Alle oë is vandag op Namibië se hoogste hof, die hooggeregshof, waar die land se heel eerste onafhanklike presidensiële kandidaat dié hof...

Katrina hoor gou oor appèl

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Die voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, sal eersdaags hoor of haar aansoek om verlof tot appèl geslaag...

Fearless manager - Game of Phones

8 ure gelede | Mense

Michelline NawatisesLeandro van Wyk, call centre manager at MultiChoice Namibia, started his career in the banking industry in 2001 as a back-office ledgers clerk, after...

Connecting clients to the correct networks

8 ure gelede | Mense

Ester Kamati With internet connection, there is no stopping Macveren Kapukare, a telecommunication engineering graduate who is passionate about making a difference in the world...

Oudonderwyser sit steeds

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting - Die 69-jarige man, wat sedert verlede naweek op Rehoboth in polisieaanhouding is weens beweerde verkragting, se formele aansoek om borgtog het nie...

Aandag alle bruidspare!

8 ure gelede | Gebeure

Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie skop weer vandag af. Paartjies wat tussen 1 Maart 2019 en 29 Februarie 2020 getroud is, kan vir vanjaar...