Moody’s waarsku oor Cell C se skuld
Moody’s Investors Services sê hy is bekommerd dat Cell C nie al sy skuld gaan betaal nie, selfs nie met ’n nuwe kapitaalstruktuur nie.
Die graderingsagentskap het Maandag in ’n verklaring gesê hy het Cell C kragtens die moontlikheid van wanbetalings tot Ca-PD/LD afgegradeer.
Volgens Moody’s se graderingstelsel beteken Ca-PD die maatskappy is hoogs spekulatief en dit is waarskynlik, of baie na daaraan, om sommige (maar nie alles) van hul langtermynskuldverpligtinge wanbetalings te maak.
Die LP behels beperkte wanbetalings en hou in Cell C se geval spesifiek verband met ’n betaling wat hy nie in Desember 2016 gemaak het nie.
Dié deel van die gradering sal volgens Moody’s van krag bly totdat die spesifieke betaling gemaak is.
Moody’s sê hy verwag hoe nader Cell C aan die sperdatum van 30 Junie kom om sy herkapitalisasie af te handel, uitleners tot ’n kapitaalstruktuur, wat Cell C se verpligtinge verminder, mag instem.
Moody’s sê hy beskou dit as ’n wanbetaling.
Herkapitalisering
Die beplande herkapitalisering van Cell C sal die maatskappy verder help, het José Dos Santos, uitvoerende hoof van Cell C, in Maart gesê.
Die JSE-genoteerde Blue Label Telekom, wat in die proses is om ’n belang in Cell C te bekom, het in Februarie gesê die ooreenkoms om 45% van Cell C se aandeelkapitaal te verkry, sal na verwagting die selfoongroep se lenings op ’n maksimum van omtrent R6 miljard te staan bring.
Die omstrede verskaffer van maatskaplike toelaes, Net1, wil na verwagting ook R2 miljard of 15% van Cell C se aandeelkapitaal verkry.
“Ná hierdie herkapitalisering sal daar nie meer blootstelling aan buitelandse skuld wees nie en die rentekoers waarteen ons skuld terugbetaal sal ook afkom,” het Dos Santos gesê.
Die herkapitaliseringstransaksies volg op Cell C se kredietafgradering tot ’n D-vlak deur Standard & Poor’s. Dit is die laagste vlak vir ’n korporatiewe maatskappy. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie