Moody's-klap voor begroting

26 May 2020 | Regering
Jo-Maré Duddy – Op die vooraand van finansminister Iipumbu Shiimi se debuutbegroting sit die regering nie net kniediep in die rommel nie, maar verskraal sy kanse ook om daaruit te ontsnap.

Moody's – een van twee internasionale kredietgradeerders wat Namibië monitor – het Vrydag sy vooruitsig vir die land van stabiel na negatief verlaag.

Soos by Fitch Ratings, lê die regering se langtermyn­skuld in buitelandse geldeenhede – die rand uitgesluit – reeds sedert verlede jaar twee vlakke ónder beleggingstatus by Moody's.



ROMMEL

Moody's en Fitch het in 2017 die eerste keer hul rommel-etiket op die regering geplak. In Desember verlede jaar het Moody's die regering van Ba1 na Ba2 afgradeer, maar met 'n stabiele vooruitsig. In April vanjaar was die vooruitsig steeds stabiel.

Moody's se graderingskomitee het verlede Dinsdag egter tot die slotsom gekom dat die impak van Covid-19 en die regering se beleidsreaksie daarop 'n “aansienlike inkrimping” in die ekonomie gaan veroorsaak en tot 'n “baie groter begrotingstekort” gaan lei.

Dit gaan olie op Namibië se begrotingsvuur wees en tot “'n beduidende hoër skuldvlak” lei, sê Moody's.

“Kom ons verstaan eers Moody's se assessering voor ek daarop kommentaar lewer,” het Shiimi gister gesê.

Die 2020-'21-begroting sal môre in die parlement ter tafel gelê word, het hy bevestig.



Rooi syfers

Moody's verwag Namibië se ekonomie gaan vanjaar met sowat -7% groei, vergeleke met -0.7% die afgelope drie jaar.

Die begrotingstekort vir die huidige fiskale jaar – wat reeds op 1 April sónder 'n begroting begin het – word op 10% van die bruto binnelandse produk (BBP) geskat.

Om dié tekort te finansier, gaan die regering se skuldlas tot meer as 68% van BBP opjaag, meen Moody's.

Dit als kan die regering se beleid van begrotingskonsolidering belemmer, waarsku die gradeerder.

Mnr. Calle Schlettwein, wat voorheen Namibië se geldleisels vasgehou het, het in 2016 met dié beleid begin en bestedingsrieme dunner gesny juis om die land se wegholskuld te probeer inperk en makro-ekonomiese stabiliteit te herwin.

Aanvaarbare skuldvlakke en ander begrotingshervormings, soos onder meer 'n meer kostedoeltreffende staatsdiens, is noodsaaklik om Namibië se kredietbeeld weer te poets.

• Lees die volledige berig in vandag se Market Watch in Republikein.

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

5 ure gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

5 ure gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

8 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

8 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

9 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

19 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

19 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

19 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

19 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...