Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

11 January 2021 | Misdaad
Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat deur die Windhoekse prokureur, mnr. Maren de Klerk, na die eiendomsontwikkelingsmaatskappy van mnr. Dawie Moller en James Hatuikulipi oorgeplaas is.

Hulle is die aandeelhouers van MH Properties, wat onder meer die luukse leefstylkompleks, The Vantage, in Klein-Windhoek ontwikkel het.

Die bankstate van die maatskappy Celax Investments Number One, wat na bewering deur De Klerk gebruik is om Fishrot-smeergeld te was, toon bedrae van onderskeidelik N$4,5 miljoen en N$3,5 miljoen is op 23 Oktober 2017 aan MH Properties oorbetaal. Republikein is in besit van dié bankstate.

Moller is onverwags verlede week as deel van die Fishrot-ondersoek in hegtenis geneem. ­Benewens eiendoms­ontwikkeling saam met Hutuikulipi, is hy ook besturende direkteur van die spoorlynkonstruksiemaatskappy, D&M Rail Construction, waarvan Hatuikulipi een van die aandeelhouers is.

Die bewering is dat De Klerk geld wat deur die Yslandse vismaatskappyegroep, Samherji, as smeergeld vir viskwotas betaal is, deur dié rekening asook die trustrekening van sy prokureursfirma, De Klerk, Horn & Coetzee (DHC) Inc, gewas het.

Hatuikulipi is in November 2019 saam met die gewese ministers van justisie en van visserye en mariene hulpbronne, mnre. Sacky Shanghala en Bernhard Esau, asook sy neef, Tamson (Fitty) Hatuikulipi (wat met Esau se dogter getroud is), Ricardo Gustavo en Pius Mwatelulo in hegtenis geneem.

James Hatuikulipi was in daardie stadium besturende direkteur van Investec Asset Management Namibia, asook voorsitter van die National Fishing Corporation of Namibia (Fishcor) se direksie. Gustavo het as senior bestuur saam met hom by Investec gewerk en is ook die alleen­aandeelhouer van 'n maatskappy Nengomar Namibia wat na bewering 'n begunstigde van die kwotabedrog was. Mwatelulo was 'n administrateur by Hangeneni Investment Holdings.

Mnr. Mike Nghipunya, voormalige hoof uitvoerende beampte van Fishcor, is ook later gearresteer.

Hulle staan tereg op klagte van bedrog, belastingontduiking, ­omkopery, korrupsie, geldwassery en sameswering om korrupsie te pleeg.

Die bewering is hulle het glo meer as N$130 miljoen se omkoopgeld van Samherji vir maasbankerkwotas aan vismaatskappye in dié groep ontvang.

Verder is die bewering dat N$75,6 miljoen se omkoopgeld glo deur Fishcor na verskeie regsfirmas asook entiteite waarin hulle belange gehad het, gekanaliseer is.

Moller is verlede Dinsdag op sy plaas, Arhem, naby Leonardville, in hegtenis geneem.

Sy plaas grens aan Shanghala en James Hatuikulipi se plase Dixie en Gunsbewys.

Adj.komm. Kauna Shikwambi, nasionale polisiewoordvoerder, sê Moller staan tereg op klagte wat verband hou met die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (Poca), die Valutabeheerwet, geldwassery, die besit van gesteelde goedere asook die besit van geld wat hy nie kon verklaar nie.

Sy saak is in die landdroshof op Gobabis tot 18 Januarie uitgestel. Hy word op dié dorp aangehou.

(Sien ook die berig op bl. 5.)

[email protected]

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle

46 minute gelede | Gesondheid

Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige...

Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

16 ure gelede | Misdaad

Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat...

Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly

16 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Vermeende glyjakkals wat vir 'n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie betaal het...

Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae

16 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.Die mans...

Reënweer bring groot skade

16 ure gelede | Weer

Kristien Kruger – Terwyl Namibië die derde week van swaar neerslae binnegaan, is groot skade reeds aan paaie, landerye en ander infrastruktuur aangerig. Windhoekers is...

Weer vir 11 Januarie 2021

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordweste, verre Weste en dele van die //Kharasstreek. Elders sal dit bewolk en warm tot baie...

Regering slaan toe op klaringsagente

16 ure gelede | Regering

Phillepus Uusiku – Die regering is in die finale fase van die instelling van strenger maatreëls vir die lisensiëring van klaringsagente.Die instellings beoog om die...

Nafau wen in hof teen Shoprite

16 ure gelede | Arbeid

Kristien Kruger en Adolf Kaure – Stakende Shoprite-werknemers was Vrydagmiddag verjuig toe die hoërhof in Windhoek beslis het dat ’n interdik teen die Shoprite-winkelgroep uitgereik...

Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede

16 ure gelede | Infrastruktuur

Kallie Pauw (gasskrywer)Die onlangse wonderlike reën in groot dele van Namibië en verslae daaroor en foto's van vol riviere en dansende boere het mense (soos...