Modelslentersaak: Man kry borgtog

Aangekla van poging tot verkragting

05 October 2020 | Howe
Adolf Kaure op Swakopmund



Borgtog van N$5 000 is aan mnr. Desmond Derrick Fick (61) in sy tweede verskyning in die Swakopmundse landdroshof toegestaan.

Hy staan tereg op klagte van poging tot verkragting en onsedelike aanranding van 'n 18-jarige meisie.

Landdros Paula Nelao Brown het Dinsdag borgtog met sekere voorwaardes toegestaan.

“Die beskuldigde mag nie direk of indirek kontak met die klaer hê nie,” het Brown gesê.

Sy het hom gewaarsku om stiptelik by sy volgende hofverskyning op te daag, anders sal hy die gevolge moet dra.

“Sou jy nalaat om in die hof te verskyn, kan 'n lasbrief vir jou inhegtenisname uitgereik word, jou borgtog sal voorlopig gekanselleer en die borggeld verbeur word,” het die landdros gesê.

Brown het aanvanklik borgtog vir Fick geweier toe hy op 5 Augustus vir die eerste keer in die hof verskyn het.

Dié besluit is gebaseer op die staatsaanklaer Cleopatra Boois se vertoë oor die erns van die oortreding en dat dit nie in belang van geregtigheid of in openbare belang is dat die beskuldigde op borgtog vrygelaat word nie.

In die polisieverslag sê adj. komm. Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, die beweerde misdaad het tussen Junie en Julie by 'n huis op Swakopmund plaasgevind.

“Daar word beweer die verdagte het die slagoffer na sy huis gelok onder die voorwendsel dat hy haar vir modelwerk wil voorberei. Hy het aan haar bors geraak, haar gesoen en haar privaat­dele betas.

“Die beskuldigde het toe glo probeer om haar broekie te verwyder – sonder haar toestemming. Hy het ook foto's van haar geneem terwyl sy kaal was,” het Iikuyu gesê.

Die saak is tot 16 November vir verdere polisieondersoek uitgestel.

 - [email protected]

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

10 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

10 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

10 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

10 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

10 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...