Mode is haar passie

Sy het toe nie ’n mikrobioloog geword nie

12 March 2021 | Gemeenskap
Tanja Bause

“Ek het nog altyd geweet ek moet in Italië mode gaan studeer. Italië en mode is sinoniem. Ek het alles gereël en my ouers het my by die lughawe afgelaai en ek is stoksielalleen Milaan toe om my passie te volg,” sê die skepper van Nikola Conradie Fashion.

Nikola Conradie (32), ’n gebore en getoë Windhoeker, was nog altyd gefassineerd met mode en klere.

“Ek het altyd geweet mode en klere is iets wat ek moet doen. Ek weet nie wat ek sou doen as ek nie klere kan ontwerp of maak nie. Ek vat my naaldwerkmasjien saam met vakansie en om regtig te ontspan, gaan maak ek vir myself ’n kledingstuk.”

MODE

Ná skool was sy op pad Stellenbosch toe om mikrobiologie te gaan studeer, toe sy van ’n kursus in mode hoor. Daar en dan het sy besluit om van kursus te verander.

“Dit was egter nie heeltemal wat ek wou doen nie. Ek wou alles oor die maak van klere, van die begin tot die einde leer. Van die ontwerp, meet, patroon maak, sny en naaldwerk. Ek wou alles leer en kan doen.

“In Stellenbosch was die kursus baie prakties en ná ’n jaar het ek besluit om na Milaan in Italië te gaan om daar verder te studeer.”

“Klere is vir Italianers baie belangrik. Mense het my gevra of dit is wat ek regtig wil doen, maar in Italië was dit soos, wat anders gaan jy doen as jy nie mode doen nie?”

Nikola het op die internet begin navors oor kursusse wat sy in Italië kan doen. Sy het die reëlings getref, haarself ingeskryf en Milaan toe gevlieg.

“Daar het ek egter gou agtergekom dat dit óók nie die holistiese kursus is wat ek soek nie. Die keer het hulle veral op die ontwerp gekonsentreer en ek het na ’n ander universiteit gaan soek. Ek het uiteindelik in Florence in Italië die kursus gevind wat my alles van voor tot agter geleer het.”

Die kursus was in Italiaans aangebied, maar dit het Nikola glad nie afgeskrik nie.

“Ek kon seker my hande in die lug gegooi en moed opgegee het, maar ek het besluit om my passie te volg, vas te byt en deeltyds Italiaans te leer. Ek het die volgende drie jaar daar gestudeer en goed gevaar.”

BESIGHEID

In 2012 het sy na Namibië teruggekeer en haar besigheid Nikola Conradie Fashion geregistreer. Sy is toe vir ’n paar maande terug Suid-Afrika toe om daar ’n internskap te doen.

“Ek het baie energie en idees gehad en was eintlik nie reg om te werk nie. Ek het gehoor van die Fashion Week in Namibië en het huis toe gekom om deel daarvan te wees.”

Dit was in November 2012 en van daar af het dinge in plek geval en Nikola het vir haarself begin werk en tot vandag toe leef sy elke dag haar passie.

“Ek het aan die Nakara/Swakara Young Designers-kompetisie deelgeneem en dit gewen. Hulle het my Denemarke toe gestuur, waar ek geleer het om met leer te werk. Dit was ’n ongelooflike ervaring.”

Ná Denemarke het Nikola aan verskeie modevertonings deelgeneem.

“Ek het my klere onder meer in Portugal, Duitsland, Mosambiek en Niger ten toon gestel. Ek het aan so baie uitstallings deelgeneem en ek was op my gelukkigste in daai tye.”

Vir elke modeskou het sy tussen 12 en 18 kledingstukke volgens ’n tema ontwerp en gemaak.

“Die nadeel was dat ek nie die kliënte kon sien of help nie, want al my tyd het in die voorbereiding vir die parades gegaan. Toe ek teruggekom het, het mense my net kom sien en wou klere hê. Nou maak ek net klere en kan nie vir ’n modeparade voorberei nie.

“In die Covid-19-pandemie het ek egter tyd gehad om aan my eie nuwe kolleksie te begin werk. Dit is ’n kolleksie wat ek al begin het toe ek vir die parade in Portugal gewerk het. Die tema was volhoubare etiese klere. Dit is wat ek nou gedoen net.”

Sy het ’n hele reeks klere van volhoubare en etiese materiaal soos katoen gemaak. Nikola se plan is nou om vroue te kry wat die klere volgens haar standaarde in verskillende groottes kan maak sodat sy hulle in verskillende winkels te koop kan aanbied.

“Dit is nog steeds nie massaproduksie nie, maar op dié manier kan ek ’n bietjie meer van my klere in verskillende winkels aanbied.”

Sy is tans ook besig om meer mans- en kinderklere te ontwerp en te maak.

In Florence het sy ’n kolleksie met die tema X-Ray in the 30ies gemaak, wat sy vandag nog as die meeste werk, maar ook die opwindendste werk beskou.

“Al die klere was deurskynend, soos X-strale. Jy kon byvoorbeeld deur die baadjie, die onderbaadjie, hemp en bra sien. Dit het beteken die werk moes meer as perfek wees, want mense kon elke steek sien. Jy kon niks agter materiaal wegsteek nie.”

RAAD EN DROOM

“Jou passie sal jou vat tot waar jy wil wees. Ek dink nie ek sou wees waar ek vandag is as my passie my nie gedryf het nie. Jy passie lei jou om meer te doen, te gee, te leer.

“Ek leef my passie elke dag en weet nie wat ek sou doen as dit weggevat sal word nie. Ek wil niks anders doen nie. Daar is nie een dag wat ek opstaan en nie werk toe wil gaan nie.”

Nikola se grootste droom is om ’n winkel oop te maak waar slegs klere verkoop word wat in Namibië deur Namibiërs ontwerp en gemaak is.

“Ons moet ons eie Edgars oopmaak om ons eie ontwerpers en naaldwerksters te ondersteun en te bevorder. Ons moet ophou om so afhanklik van Suid-Afrikaanse klerewinkels te wees.

“Namibiërs kan dit self doen.”

Soortgelyk

 

Pryse van petrol, diesel styg

5 ure gelede | Energie

Die prys van petrol en diesel styg aanstaande week met onderskeidelik 50 sent elk per liter. Die verhoging tree om middernag op 7 April in...

Baie nuwelinge kry viskwotas

5 ure gelede | Visserye

Ondernemings wat tevore visvangkwotas besit het, maak 29% van suksesvolle aansoekers uit, het die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, vanmiddag aangekondig.Dit...

WHO vra vir verdere studies oor oorsprong van SARS-CoV-2-virus

6 ure gelede | Gesondheid

Die verslag van die internasionale span van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) oor hul ter plaatse besoek aan Wuhan is vandag bekendgemaak, met die WHO se direkteur-generaal...

Sewe sterftes, 221 nuwe gevalle

6 ure gelede | Gesondheid

Namibië het nou 520 Covid-19-verwante sterftes, nadat nog sewe - twee in Windhoek en een elk in Walvisbaai, Outjo, Omaruru, Walvisbaai en Rundu - aangeteken...

Windhoekers met agterstallige rekeninge se water en ligte gaan...

8 ure gelede | Infrastruktuur

Die Windhoekse munisipaliteit sê inwoners van die hoofstad wie se water- en ligterekeninge 30 dae en meer agterstallig is, het tot Dinsdag 6 April om...

Sluitingsdatum vir Shining Light verleng

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Die sluitingsdatum vir die Shining Light juweliersontwerpkompetisie is tot 30 April verleng. Me. Helena Mootseng, woordvoerder van die Namibian Diamond Trading Company (NDTC) sê...

Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek

12 ure gelede | Onderwys

Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik...

Waarskuwingskote stuit vermeende diewe

23 ure gelede | Misdaad

Vermeende diewe is vroeër vandag in Robert Mugabelaan naby Bank of Namibia in die hoofstad in hegtenis geneem nadat skote afgevuur is. "Twee waarskuwingskote is...

Robberts bly in aanhouding

23 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...