Minstens 70 sterf in brand in Bangladesj
Minstens 70 mense is dood en 50 beseer in 'n brand wat Woensdag in 'n vierverdiepinggebou in Dhaka, Bangladesj, uitgebreek het en na ander omliggende geboue versprei het. Julfikar Rahman, direkteur van die plaaslike brandweer, het aan Reuters gesê die sterftesyfer kan nog styg. Brandbestryders het in die puin na nog lyke gesoek. Die brand, wat Woensdagaand uitgebreek het, het vinnig na aangrensende geboue versprei. Volgens Rahman is minstens 50 mense in die hospitaal, waarvan sommige in 'n kritieke toestand is. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Foto Netwerk24/Reuters
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie