Minstens 23 padsterftes

Die polisiehoof doen 'n beroep op Namibiërs om teen roekelose bestuurders op te staan nadat 'n massaslagting die langnaweek op paaie plaasgevind het.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Ná 'n massaslagting die afgelope langnaweek op Namibiese paaie het die polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, 'n beroep op roekelose bestuurders gedoen om hul “dodelike houdings te verander wat jaarliks honderde lewens eis”.

Dit volg nadat net een ongeluk oor die langnaweek op Sondag omstreeks 16:30 die lewe van 15 mense tussen Otjiwarongo en Okahandja geëis het toe 'n bakkie en 'n Iveco-minibus sowat 85 km suid van Otjiwarongo gebots het.

Adj.komm. Naukalemo Andreas van die Otjozondjupastreek wat Sondag op die ongelukstoneel by die brug van die Omatakorivier was, sê tien mense wat in die Iveco-minibus gereis het, het verbrand - só erg dat hulle nie uitgeken kan word nie.

Al vyf die insittendes van die bakkie, drie vroue en twee mans, insluitende die bestuurder, is op die toneel dood.

Veertien van die minibus se 28 passa­siers, tussen die ouderdomme van 3 en 34 jaar, het ligte tot ernstige­ beserings opgedoen en is kort ná die ongeluk na die Otjiwarongo-­staatshospitaal gehaas.

Verbygangers het van die meeste oorlewendes uit die bus getrek, terwyl sommige tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger is.

Andreas het gesê die minibus het van Otjiwarongo na Okahandja gereis, terwyl die bakkie in die teenoorgestelde rigting gery het. Dit word beweer dat die bus van die Noorde na Windhoek gereis het, terwyl die bakkie van Windhoek na Tsumeb onderweg was.

Een van die voertuie het na bewering die ander een verbygesteek waarna die ongeluk gebeur het.

Volgens Andreas is dit nog nie moontlik om die ouderdomme of die geslag van die oorledenes te bevestig nie. Die polisie doen 'n beroep op mense om hul vermiste familielede of vriende aan te meld om die ­oorledenes te identifiseer. Forensiese ondersoeke duur nog voort.



NóG SLAGOFFERS

Minstens nóg agt mense het die langnaweek in ander ongelukke gesterf.

Een persoon is Vrydag tussen 04:30 en 05:00 in 'n ongeluk 15 km noord van Rehoboth in 'n kop-teen-kop-botsing tussen 'n sedanvoertuig en 'n klein bakkie dood. Die oorledene, me. Xalied Nadia van der Bergh (27), was in die bakkie. Aanvanklik is berig dat drie mense gesterf het, maar volgens die polisie se misdaadverslag is die twee bestuurders ernstig beseer en in 'n hospitaal opgeneem.

Volgens 'n 'n ooggetuie het die sedanvoertuig net voor die ongeluk teen 160 km by die ooggetuie verbygejaag. Die ooggetuie het knap daarna op die ongeluk afgekom, dit by die polisie van Rehoboth gerapporteer en 'n eedsverklaring afgelê.

Twee mense is Vrydag omstreeks 16:30 op slag dood nadat beide linker­bande van 'n sedanvoertuig 20 km vanaf Aus op die Aus-Keetmanshoop-pad gebars en die voertuig omgeslaan het. Die oorledenes is me. Anthea Isaaks (24) en Ricardo Swartz (13). Die bestuurder en ander passasiers het ligte tot ernstige beserings opgedoen.

Nóg 'n ongeluk het die lewe van 'n passasier van 'n Ford-bakkie op die pas tussen Tsumeb en Oshivelo Vrydagmiddag geëis.

Die bestuurder, mnr. Nghuumbwasha Haindongo (38), het beheer oor die bakkie verloor toe hy en sy vrou, me. Ester Shatipamba (31), hul babaseuntjie van 11 maande en 'n familielid na Grootfontein gereis het.

Al vier insittendes is beseer en na 'n hospitaal op Tsumeb gehaas waar Shatipamba gesterf het. Haindongo is na 'n hospitaal op Oshakati oorgeplaas waar hy in 'n kritieke toestand is.

Die bestuurder van 'n Corsa-bakkie wat vermoedelik onder die invloed van alkohol was, het Vrydag omstreeks 02:00 by die Mupapama-­nedersetting op die grondpad tussen Rundu en Divundu 'n voetganger raakgekry wat op slag dood is. Die oorledene is mnr. Muronga Johannes Ndara (23). Die bestuurder (32) het beheer oor die bakkie verloor en in 'n huis vasgery. Hy en en sy passasier het ernstige beserings opgedoen.

Die passasier in 'n bakkie, me. Angela Kheibes (39), is die slagoffer van 'n ongeluk wat Vrydag om 17:00 sowat 10 km vanaf Keetmanshoop op die B1-hoofroete tussen Keetmanshoop en Tses gebeur het. Dit word beweer dat die bakkie omgeslaan het nadat die bestuurder beheer daaroor verloor het. Die 40-jarige bestuurder is lig beseer.

In Herefordweg in Wanaheda in die hoofstad het 'n sedanvoertuig Vrydag om 19:50 trompop met 'n aankomende Iveco-minibus met 24 passasiers gebots. Mnr. Richard Karipo (79) is op slag dood. Die bestuurder (37) van die minibus en die meeste van die passa­siers is lig tot ernstig beseer en in 'n hospitaal opgeneem.

Mnr. Nikolaas Basson (62) het Vrydag om 18:30 naby die plaas Garrib naby Dordabis van 'n bewegende voertuig afgeval wat meubels vervoer het. Hy was 'n passasier op die vragmotor en is na die Dordabis-kliniek gehaas, maar is met sy aankoms dood verklaar.



POLISIEHOOF REAGEER

“Die meeste van die ongelukke is weens menslike foute,” het Ndeitunga aan Jana-Mari Smith van Namibian Sun gesê.

“Die hoë aantalle ongelukke word 'n nasionale bekommernis. Dit is selfs 'n sekuriteitsbekommernis. As jy kyk hoeveel lewens op die paaie verloor word, het dit 'n ernstige kwessie geword.”

Hy sê almal moet teen roekelose bestuurders opstaan.

Volgens die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) is teen 16 April altesaam 180 mense in 1 067 ongelukke dood en 1 829 beseer. Ná die langnaweek se ongelukke is daar meer as 200 slagoffers op Namibiese paaie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.09/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 875.40/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 89.28/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 914.57/OZ DOWN -0.0014 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.09/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 875.40/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 89.28/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 914.57/OZ DOWN -0.0014