Ministerie vir SOE's ontbind
Ministerie vir SOE's ontbind

Ministerie vir SOE's ontbind

Die ministerie van staatsondernemings (SOE’s) faseer uit en dié funksie verskuif na die ministerie van finansies.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Die man wat sedert 2015 onverpoos gewerk het om die staatsonderneming-landskap in Namibië te verander ter wille van groter deursigtigheid en verantwoordbaarheid, tree uit die politiek.

Mnr. Leon Jooste, wat ses jaar gelede deur pres. Hage Geingob as die minister van staatsondernemings (SOE’s) aangestel is, het gister bevestig hy verlaat “oor so drie tot vier maande” die kabinet.

Sy ministerie word dan ’n departement in die ministerie van finansies en sal aan minister Ipumbu Shiimi rapporteer.

“Dis met trots en ’n gevoel van tevredenheid dat ek kan bevestig pres. Hage Geingob se oogmerk om die ministerie van staatsondernemings uit te faseer soos deur die Hoëvlakpaneel op die Namibiese Ekonomie (HLPNE) aanbeveel is, is bereik. Die ministerie sal binnekort omskep word in die departement van staatsondernemings in die ministerie van finansies,” sê hy in ’n verklaring.

“Die tydperk van kreatiewe konseptualisering sal nou plek maak vir ’n tydperk van implementering, waar die vrugte van ons arbeid vir baie jare vorentoe positiewe uitkomste sal lewer,” sê Jooste.

Hy sê die verantwoordelikhede van die aandeelhouer, in dié geval die regering, sal aansienlik verbeter wanneer sy bevoegdhede en begrotingsfunksies in die ministerie van finansies gekonsolideer word.

“Daar is dan direkte toesig oor die finansiële en operasionele prestasie van staatsondernemings en subsidies kan meer akkuraat in pas gebring word met nakoming en prestasie,” lui sy verklaring.

Dit sal die ministerie van finansies ook in staat stel om leiding te neem en direk betrokke te wees by die stigting van die beheermaatskappy. Dit sal "kritieke institusionele geheue" skep van die werklike besonderhede van die proses, sê Jooste.

Volgens hom is die besluit gegrond op die tegniese feite en strategiese rasioneel dat die konsolidering en vaartbelyning van operasionele prosesse, onvermydelik tot aansienlike kostebesparings sal lei. Die koste om ’n aparte ministerie in stand te hou, val weg, sê hy.

“Ek is ten volle oortuig hierdie besluit is in die beste belang van die land en die regering en dat geen momentum verlore sal gaan in ons kollektiewe strewe om Namibië se staatsondernemings te hervorm nie,” sê Jooste.

Hy gee in sy verklaring ook 'n breedvoerige ’n oorsig van sy ministerie se werksaamhede die afgelope jare om SOE’s te hervorm.

“Dit het gou duidelik geword dat die dubbele bestuursmodel wat destyds bestaan ??het, erg gebrekkig was en dringend aandag moes geniet.”

Hy verduidelik die bestudering van SOE’s elders het gewys die eienaarskap moet gesentraliseer word om voorsiening te maak vir die eenvormige, konsekwente bestuur.

Daarom het die kabinet op 25 November 2015 op Jooste se aanbeveling die Hibriede Bestuursmodel vir Namibiese Staatsondernemings goedgekeur.

Volgens Jooste was dit ’n fundamentele stap in die daarstellings van die mees geskikte "bestuursargitektuur" wat as grondslag vir die toekomstige hervorming moes dien.

“Die daaropvolgende Wet op die Bestuur van Staatsondernemings het die rol van die staat as beleidsformuleerder, reguleerder en operateur geskei deur die eienaarskap van die kommersiële SOE’s onder die ministerie te sentraliseer terwyl niekommersiële SOE’s die verskillende lynministeries se verantwoordelikheid geword het en buitebegrotingsfinansiering onder die ministerie van finansies resorteer,” verduidelik hy.

Jooste wys daarop die ooglopende volgende stap is die vestiging van ’n beheermaatskappybestuursmodel. Hy sonder Singapoer en Maleisië uit as lande waar dié hervorming met groot sukses geskied het en die beheermaatskappye vir staatsondernemings nou aan die onderskeie ministers van finansies verslag doen.

Hy het by navraag gesê al die personeel in sy ministerie sal na die ministerie van finansies oorgeplaas word.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!