Ministerie beloon skoon omgewings
Dié toekennings sal bewustheid van skoon omgewings beloon, asook landswye volhoubare projekte om dít te bewerkstellig.
Die ministerie van die omgewing en toerisme het Donderdag die Namibia Cleaning Awareness System-toekennings (Namcasa) bekend gestel.
Dié toekennings sal bewustheid van skoon omgewings beloon, asook landswye volhoubare projekte om dít te bewerkstellig.
Me. Margaret Mensah-Williams, voorsitter van die Nasionale Raad (NR), is die toekennings se beskermvrou en het tydens die geleentheid gesê ekonomiese groei is slegs in ’n skoon omgewing moontlik.
Dít bevorder werkskepping deur middel van belegging in die groen ekonomie, het sy gesê.
“Dit word aan jong entrepreneurs oorgelaat om van die geleentheid gebruik te maak en maniere te vind om wins op dié gebied te maak,” het sy gesê.
Volgens haar bied die toekennings verskeie moontlikhede omdat dit skoonmaakveldtogte op dorpe en in nedersettings aanmoedig.
Namcasa wil die jeug betrek en moedig mense aan om hul eie herbruikbare sakke te vervaardig.
“Dit sal jongmense van die strate af hou en antisosiale gedrag soos alkohol- en dwelmmisbruik, asook geslagsgeweld verminder.”
Me. Natalia Shikangala, stigter van Namcasa en toekenningskomiteelid het gesê die toekennings fokus op vyf gebiede.
Dit sluit bewustheid van die jongste inligting in, asook diensverskaffers se verbeterde vermoë, verhoogde samewerking met belanghebbendes, verbeterde finansieringsmeganismes en die bevordering van die gemeenskap se deelname, het sy verduidelik.
Op grond hiervan is twee programme ontwerp: Die streekgeïntegreerde program vir skoon omgewings en die sektorprogram vir beïnvloeding.
“Namcasa se uiteindelike doel is om die regering te ondersteun om ’n sterk, doeltreffende skoon omgewing-sektor te skep en om dienste vir skoon omgewings vir almal te implementeer en te handhaaf,” het Shikangala gesê.
Sy het gesê Namibië gaan gebuk onder omgewings- en higiëne-verwante oordraagbare siektes soos diarree en hepatitis E, wat veroorsaak dat mense weens onhigiëniese omgewingstoestande en -praktyke sterf.
“Vir volhoubare omgewingsbestuur en -praktyke moet bewusmaking en gedragsverandering op alle vlakke plaasvind,” het Shikangala gesê. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie