Minister kan rehabilitasiesentrums vestig

Ingrypingsprogramme vir kinders wat verslaaf is

27 September 2021 | Ministeries
Henriette Lamprecht

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste kan uit fondse wat deur die parlement vir dié doel uitgesonder is, ten minste een rehabilitasiesentrum in elk van die 14 streke van die land vestig vir die behandeling van middelemisbruik.

Dié aanbeveling vorm deel van die konsepwet vir die voorkoming en behandeling van die misbruik van skadelike middels. Die staatsentrums moet ook ingrypingsprogramme vir kinders aanbied wat verslaaf is.

’n Persoon, organisasie of vereniging mag nie ’n private behandelingsentrum op enige plek hê waar verblyf vir die behandeling en fisieke sorg verskaf word of waar persone wat van skadelike middels afhanklik is en hoofsaaklik fisieke of behandeling vir geestesgesondheid ontvang, as dit nie geregistreer is nie. Sou daar nie aan dié vereiste voldoen word nie, staar die persoon ’n boete van tot N$20 000 of tronkstraf van tot vier jaar in die gesig.

Die gesondheidsminister kan ook volgens die konsepwet ná konsultasie met streekrade en met geld toegeken deur die parlement ’n halfweghuis in meer as een streek vestig. Dié huis is geoormerk vir persone wat uit rehabilitasiesentrums ontslaan is.

Met verwysing na vrywilligers wat gerehabiliteerdes ondersteun bepaal die konsepwet dié persone moet onder meer ’n voorgeskrewe kwalifikasie hê en ’n diensooreenkoms met die minister onderteken het. Sou ’n persoon voorgee om ’n herstelvrywilliger te wees, kan die persoon met N$10 000 of tronkstraf van twee jaar beboet word.

Dié vrywilligers het ook voorgeskrewe toelaes wat hulle ontvang. Sou ’n vrywilliger ook te prooi val vir middelemisbruik, kan ’n rehabilitasiesentrum ontgiftingsdienste vir die persoon aanbied word. ’n Geswore verklaring deur ’n staatsaanklaer wat bevestig ’n persoon is ’n gevaar vir homself of ander en het geen ander voldoende eerlike manier om ’n inkomste te genereer nie, kan verplig word om by ’n rehabilitasiesentrum opgeneem te word. Dieselfde geld vir kinders wat aan middele verslaaf is wanneer die minister opdrag gee dat hy of sy in ’n sentrum opgeneem word en die nodige rehabilitasieprogramme moet volg. – [email protected]

Soortgelyk

 

130 nuwe gevalle, meeste in Windhoek

3 ure gelede | Gesondheid

Gister is 130 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 8,4%. Die meeste (97) is in Windhoek aangeteken. Die nuwe gevalle sluit 13 studente, 11...

Uitstel van eksamens: Integriteit van eksamen, kwalifikasie moet beskerm...

21 ure gelede | Onderwys

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê dit het 'n wettige kontrak met Cambridge International om te verseker dat kredietwaardige eksamens geskryf word wat...

Styging van 56% in nuwe gevalle, 184 gister aangemeld

1 dag gelede | Gesondheid

Gister is 184 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 3,9% en 56% meer as die vorige dag. Die meeste gevalle is in Windhoek en...

Veldbrande woed al tien dae

1 dag gelede | Ongelukke

Tanja Bause’n Groot aantal beeste loop langs distrikspaaie noordoos van Windhoek waar verwoestende veldbrande boere tussen Steinhausen en Omitara genoop het om grensdrade te knip...

‘Voltooi vanjaar se eksamen’

1 dag gelede | Ministeries

Henriette LamprechtSkryf die vraestelle wat moontlik is vóór die einde van die jaar met nuwe vraestelle in die plek van dié wat uitgelek het, identifiseer...

Oscar-benoeming dalk in ‘The White Line’ se visier

1 dag gelede | Byvoegsels

Die plaaslike rolprent The White Line is amptelik in die wedloop om oorweeg te word vir ’n moontlike Oscar-benoeming. Dit is die eerste Namibiese rolprent...

Voortrekkers trap vir renosters

1 dag gelede | Byvoegsels

Karli RudolphDie Voortrekkers vier vanjaar hul 90ste bestaansjaar met die tema “Voortrekkers gaan groot”. Die Namibiese Voortrekkers het daarom besluit om hul eie span vir...

V5 Digital a forerunner in digital solutions

1 dag gelede | Tegnologie

Iréne-Mari van der WaltMore than three years ago, Armin Wieland founded his business, V5 Digital, after noticing that there was a lack of companies in...

Do it with passion or not at all

1 dag gelede | Howe

Desiree Gases Ngeendina Angula, born and raised in Greenwell, Windhoek, moved to Cape Town, South Africa, when she was 13 years old and lived there...